Verkiesings 2019: Die verswakking van partysteun
Burgers het nie altyd baie invloed op 'n land se buitelandse beleid en verhoudings nie.
Inwoners bepaal nie met wie die regering van die dag bande het en wat die gevolge daarvan is nie.
China se ekonomiese invloed op die vasteland is 'n gesprekspunt in alle Afrika-lande. In Namibië het China se betrokkenheid in bedrywe soos mynbou en konstruksie toegeneem.
Gesprekke oor ekonomiese ontwikkeling besin onder meer oor die verband tussen Namibiese sosialisme en Chinese sosialisme.
In Afrobarometer se navorsing het deelnemers Suid-Afrika, die VSA en Brittanje bo China as die beste modelle vir toekomstige ontwikkeling geplaas.
Die meeste Namibiërs (42%) sê China het 'n groot invloed op die Namibiese ekonomie. Een uit vyf deelnemers (22%) weet nie hoe groot die invloed is nie. Byna die helfte van mense (49%) glo die invloed is positief.
Namibiërs ondersteun nie die ekonomiese stelsel van China nie, maar is bewus van die supermoondheid se invloed op ons ekonomie. Die meeste dink die land trek voordeel hieruit, maar doen ons rêrig.
• Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie