VERKIESINGS 2019: Korrupsie en verantwoording
VERKIESINGS 2019: Korrupsie en verantwoording

VERKIESINGS 2019: Korrupsie en verantwoording

Dani Booysen
Die reeks neem politieke partye se beleid oor sleutelkwessies in oënskou.

ALL PEOPLE’S PARTY (APP)

• Skep ‘n spesiale teenkorrupsietribunaal onder leiding van oudregters

• Maak integriteit, etiek en verantwoordelike burgerskap deel van skoolleerplanne

• Skakel burokrasie uit, byvoorbeeld by registrasie van besighede en aansoeke vir werkspermitte, en vereenvoudig belastingstelsels

CONGRESS OF DEMOCRATS (CoD)

• Strenger wetgewing en regulasies oor korrupsie

LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)

• Vervang die ACC met ‘n onafhanklike kommissie teen korrupsie

• Wetgewing sal kabinetslede verbied om aktiewe sakelui te wees

• Verklaring van alle tantieme (“royalties”) aan die regering

• Openbare toegang tot belangrike regeringsrekords

• Openbare kortlysting, evaluering en toekenning van tenders

• Verwyder uitvoerders van beleid uit die wetgewende gesag

NAMIBIA ECONOMIC FREEDOM FIGHTERS (NEFF)

• Onteien eiendom van korruptes en belastingontduikers

NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)

• Meer magte vir ‘n onafhanklike teenkorrupsieliggaam

• Betaal die wat uniform dra meer

NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)

• Zerotolleransie vir korrupsie en staatskaping

• Nuwe wetgewing teen omkopery en korrupsie met swaarder strawwe

• ACC en Aanklaer-generaal moet kwartaaliks direk aan die parlement verslag doen

POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)

• Groter kapasiteit vir ondersoeke en vervolging en howe net vir korrupsie

• Skakel duplisering in mandate van ACC en ander betrokkenes uit en verbeter doeltreffendheid

• Leefstyloudits vir senior staatsamptenare en bestuurders van openbare ondernemings (SOE’s)

• Lang tronkstraf vir politici skuldig aan korrupsie en verbanning uit deelname aan verkiesings

• Geen werk buite staatsdiens vir eie gewin

RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)

• Ontmoedingsmeganismes teen korrupsie

• Bevorder openbare bewustheid oor die nadele van korrupsie

• Swaarder strawwe vir ernstige oortreders

• Groter samewerking tussen staat en private sektor

• Regsdienskommissie moet die ACC se direkteur-generaal aanstel

• Publiseer die verslae van presidensiële kommissies van ondersoek

• Genoegsame ondersteuning vir die ACC

REPUBLICAN PARTY (RP)

• Stop gulsigheid en nepotisme

• Vervang die ACC met mense wat vreesloos en sonder voorkeur sal optree

SWANU

• Hervorming vir ‘n opreg onafhanklike, deursigte en verantwoordbare teenkorrupsieliggaam met die nodige hulpbronne

• Verbeuring van bates bekom deur korrupsie

• Teiken hoëprofieloortreders en maak voorbeelde van hulle

SWAPO

• Toepassing van strategiese aksieplan teen korrupsie

• Meer personeel en geld vir die ACC

• Skep ‘n kantoor wat hokaairoepers (“whistleblowers”) sal beskerm

• Strenger borgvoorwaardes, boetes en strawwe

• Handel 445 hangende korrupsiesake af

• Versterk goeie bestuur en institusionele argitektuur wat dit afdwing

UNITED DEMOCRATIC FRONT (UDF)

• ‘n Onafhanklike teenkorrupsiewaghond

• Streng toesig, beheer en monitering oral in die regering

• Nuwe kommissies van ondersoek en vervolging

• Vervolg korruptes sonder genade

WORKERS REVOLUTIONARY PARTY (WRP)

• Korrupsie is geinstitusionaliseer weens die regering se defunksionaliteit en die onvermoë om individue verantwoordelik vir hul dade te hou

* Waar ‘n party se beleid ontbreek, is geen manifes nog beskikbaar nie

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer