Verkiesings 2019: ‘n Uittog van vaardighede
Christie Keulder – Ek het onlangs twee jong verpleegsters ontmoet wat vir werk in die Verenigde Koninkryk aansoek gedoen het. Beide voel daar is nie ‘n finansiële toekoms vir hulle hier nie.
Kan Namibië bekostig om jong beroepslui te verloor? Kan ons bekostig om mense met vaardighede en kundigheid uit te voer? Wat is die opbrengs op hul opleiding as ‘n belegging?
Die antwoord is nee, maar onlangse data wys Namibië kan ‘n aansienlike uittog van vaardighede beleef indien huidige omstandighede voortduur.
In 2017 het 23% van Namibiërs gesê hulle het al emigrasie na groener weivelde oorweeg. Die oorweging was die sterkste onder mense tussen die ouderdomme van 18 en 25 jaar.
Opvoeding speel ‘n rol. Aansienlike persentasies van mense met naskoolse kwalifikasies (32%) en diegene wat op universiteit was (40%) of ‘n graad verwerf het (36%), het emigrasie oorweeg.
Die bes gekwalifiseerde mense is meer geneig om emigrasie te oorweeg, asook mense wat net deeltyds werk. Ras speel nie ‘n rol nie.
Emigrasie word bevorder deur jong, gekwalifiseerde Namibiërs se onvermoë om betekenisvolle, voltydse werkgeleenthede in die plaaslike ekonomie te vind. Die aantal voornemende emigrante kan as gevolg hiervan toeneem.
Kan ons die gety keer, of wanneer gaan ons die begin van hierdie uittog sien?
* Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor nasionale houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie