VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIu00cbLE KANDIDATE
VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIu00cbLE KANDIDATE

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

Dani Booysen
Apius Auchab

United Democratic Front (UDF)

Apius Auchab is ‘n lid van die Nasionale Vergadering asook ‘n lid van die parlementêre komitees belas met die ekonomie en openbare administrasie, grondwetlike en regskwessies en natuurlike hulpbronne.

Auchab is op Omaruru gebore op 3 Oktober 1959.

Hy is in 2013 tot voorsitter van die United Democratic Front (UDF) verkies en dien sedert 2015 in die parlement.

Auchab is baie uitgesproke oor grondhervorming. Hy voer aan vryheid en onafhanklikheid is betekenisloos as mense nie grond kan besit nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer