VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIu00cbLE KANDIDATE
VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIu00cbLE KANDIDATE

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

Dani Booysen
McHenry Venaani

Popular Democratic Movement (PDM)

McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat 5% van die totaal) ontvang.

Venaani is in Windhoek gebore op 8 September 1977.

Hy het skoolgegaan by Hoërskool Dawid Bezuidenhout en hou verskeie diplomas in die regte.

Hy het sy politieke tande geslyp as ‘n lid van die destydse Demokratiese Turnhalle Alliansie (DTA) se Jeugliga en is die seun van mnr. Mike Venaani.

Venaani was vanaf 2002 tot 2010 ‘n lid van die Nasionale Vergadering (NV) en was toe die jongste parlementslid ooit. Hy het in 2014 vir ‘n kort tydjie na die VN teruggekeer toe mnr. Katuutire Kaura geskors is en dien weer sedert 2015 in die NV. Venaani het ‘n toonaangewende rol gespeel in die verandering van die DTA se naam na PDM.

Hy is uitgesproke oor die huidige regering se gebrek aan etiek, wat volgens Venaani korrupsie in die hand werk. Nasionale belang moet volgens hom voor eiebelang kom.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer