VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE
Dr. Panduleni Itula
Onafhanklike kandidaat
Dr. Panduleni Itula sê hy is steeds ‘n ingeskrewe lid van Swapo, maar neem as onafhanklike kandidaat aan die presidensiële verkiesings deel.
Hy wil ‘n staatshoof en party uit die kussings lig wat volgens hom die land op talle maniere verraai het.
Itula is in Windhoek se “Ou Lokasie” gebore op 2 Augustus 1957. Hy was in 1979-’80 aangehou vir sy deelname aan die vryheidstryd en het in 1981 in Londen aangekom ná ‘n reis moontlik gemaak deur wyle mnr. Anton Lubowski.
Itula het ‘n meestersgraad in tandheelkunde verwerf aan die Universiteit van Sheffield en het ook in die regte studeer. Sy mediese kwalifikasies is eers plaaslik erken ná ‘n hofsaak.
Itula het in Engeland praktiseer tot hy in Desember 2013 voltyds na Namibië teruggekeer het. Hy is ook ‘n voormalige dosent by Swapo se partyskool.
Itula se “mensemanifes” beloof onder meer ‘n einde aan korrupsie en konsultering met almal, veral die jeug, om oplossings vir Namibië se probleme te vind. Sy wagwoorde is eerlikheid, integriteit, menswaardigheid en oppergesag van die wet en regbank.
Die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) en Republikeinse Party (RP) het hul lede versoek om vir Itula as president te stem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie