VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIu00cbLE KANDIDATE
VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIu00cbLE KANDIDATE

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

Dani Booysen
Dr. Tangeni Iijambo

Swanu

Dr. Tangeni Iijambo is die sewende president van die South West Africa National Union (Swanu), gestig in 1959 as 'n groep Suid-Afrikaans opgeleide studente ten gunste van politieke bevryding.

Swanu is Namibië se oudste, steeds bestaande politieke party.

Iijambo is gebore op 24 November 1954.

Hy is 'n opvoedkundige verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam) met kwalifikasies verwerf in Michigan in die VSA en Sussex en Bristol in die Verenigde Koninkryk. Iijambo dien sedert 2019 in die Nasionale Vergadering nadat hy in 2017 tot Swanu-president verkies is in die plek van mnr. Usutuaije Maamberua. Swanu is voor dit gelei deur mnre. Rihu­pisa Kandondo en Fanuel Kozonguizi.

Hy was tot in 1977 'n lid van Swapo se gewapende vleuel, PLAN en was daarna 'n politieke vlugteling in Zambië.

Swanu het 'n sosialistiese inslag en het sedert 1989 aan verskeie verkiesings as 'n koalisievennoot deelgeneem. Die party is ten gunste van nasionalisering, grondonteiening, die herstel van voorvaderlike grondregte en die wettiging van dagga.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!