VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens
VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

Dani Booysen
Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.

ALL PEOPLE’S PARTY (APP)

• Sny die uitspattige salarisse van openbare ondernemings (SOE’s) se direksie, uitvoerende hoofde en bestuurders

• Deursigtige aanstelling van professionele lui, tegnokrate en kundiges in direksies

• Geen dubbele of meer direkteursposte

• Amptelike minimumloon en ander voordele vir SOE’s se werknemers

• Versterk tradisionele owerhede/leierskap

• Herstel konstitusionalisme en die oppergesag van die wet

• Nasionale behuisingskema vir amptenare

LANDLESS PEOPLE’S MOVEMENT (LPM)

• Kabinet van net 12 ministers met spesifieke teikenportefeuljes

• Skaf adjunkpresidentskap af

• Verwyder ministers en hul adjunkte uit die parlement

• Herstel integriteit van, en versterk Nasionale Vergadering

• Vervang 14 streke met ses provinsies vir beter desentralisering

• Herbalanseer SOE-portefeulje, ruk openbare ondernemings reg deur omvattende hervorming en beëindig politieke bevoordeling en diefstal

• Verkoop onproduktiewe en nie-winsgewende SOE’s

NATIONAL DEMOCRATIC PARTY (NDP)

• Geen kabinetslede in Nasionale Vergadering

• Federale stelsel wat alle groepe en partye verteenwoordig

• Beperk buitelandse reise

NATIONAL UNITY DEMOCRATIC ORGANISATION (NUDO)

• Beëindig elitisme deur ‘n pro-aktiewe, pro-mense en pro-behoeftige regering

• Deursigtige, stelselgedrewe regering

• Respekteer en versterk pluralisme en oppergesag van die wet

• Net 15 ministeries

• Een ampsmotor per minister

• Verminder motorkades

• Geen adviseurs vir die president, ministers en goewerneurs

• Sny Staatshuis se begroting met 60%

POPULAR DEMOCRATIC MOVEMENT (PDM)

• Net 15 ministers en vier adjunkministers

• Kry beheer terug oor die begroting

• Nasionale oudit oor besparing en doeltreffendheid om staatskuld te verminder

• Verklein staatsdiens deur uitskakeling van duplisering, normale ontruiming van poste, vervroegde aftrede en verbod op nie-noodsaaklike aanstellings

• Geen werk buite die staatsdiens vir eie gewin

• Hersien SOE’s se prestasie, beperk reddingsboeie en hervorm SOE’s se hoë salarisrekeninge

• Verkoop strategiese bates wat nie vir die staat se kernfunksies nodig is nie

• Groter ruimte vir privaat sektor

RALLY FOR DEMOCRACY AND PROGRESS (RDP)

• Werklike skeiding van magte

• Vervang proporsionele verteenwoordiging met direkte verteenwoordiging (kiesers stem vir kandidate en nie partye)

• Beëindig presidensiële aanstellings

• Inwoners van streke kies hul eie goewerneur

• Net 72 setels in Nasionale Vergadering

• Sestien ministeries

• Intensiewe indiens- en heropleiding van amptenare

• Geen politieke affiliasies in tradisionele owerhede en groter subsidies om gemeenskappe se sake te bestuur

• Herdefinieer SOE’s se doelwitte, nuwe wetgewing oor SOE’s en omvattende hervorming

• Onafhanklike oudit oor SOE’s se lewensvatbaarheid

• Privatiseer Air Namibia of vind ‘n strategiese vennoot

SWANU

• Sosialistiese regering

• Aandele vir werknemers in alle groot ekonomiese sektore en SOE’s

• Hervorm finansiële, bank- en versekeringsdienste tot voordeel van inwoners en vir insluiting van almal

SWAPO

• Verantwoording en deursigtigheid deur middel van beter bestuur en institusionele strukture wat bottelnekke sal uitskakel

• Beter dienslewering deur elektroniese platforms

* Waar inligting ontbreek is geen manifes vir die party beskikbaar nie of die manifes spreek nie die onderwerpe aan nie.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer