Verkiesings 2019: Regering en party

Dani Booysen
Christie Keulder – Politieke partye ding in 'n demokrasie mee om die regering te vorm.

Elke deelnemende party hou aan kiesers 'n stel beleidskeuses en prioriteite voor. Hierdie manifes is die kern van hul regeerplan.

Demokratiese verkiesings is 'n instrument om ongewilde partye en regerings te verwyder en te vervang. Wanneer regerings nie presteer nie verhoog die kans dat kiesers eerder vir ander partye sal stem.

Grafiek 1 toon die verhouding tussen ekonomiese optimisme en identifisering met Swapo sedert 1999. Volgens hierdie data het mense se gevoelens oor die toekoms van die Namibiese ekonomie byna geen invloed op hul noue bande met die regerende party nie. Namibiërs ondersteun Swapo selfs al is hulle minder positief oor ekonomiese vooruitsigte.

Grafiek 2 wys die verhouding tussen hierdie ondersteuning en mense se persepsies oor drie sleutelpligte van die regering.

Ook in die opsigte het die regering se prestasie min impak op mense se gevoelens teenoor Swapo. Ekonomiese oorwegings, die spreekwoordelike “tjekboek” of “beursie”, bepaal duidelik nie die graad van ondersteuning vir die regerende party nie.

Dieselfde tendens geld vir die regering se vertoning met werkskepping en die bestryding van korrupsie.

Die onderskrywing van Swapo bly sterk ondanks die regering se swak vertoning in van sy pligte. Dit is nie goeie nuus vir opposisiepartye wat hul hoop daarop plaas om die regerende party weens groeiende ontevredenheid met die regering uit die kussings te lig nie.



• Data is ontleen aan die Afrobarometer, 'n Pan-Afrikaanse reeks opnames oor houdings oor demokrasie, bestuur en die gemeenskap. Besoek afrobarometer.org vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!