Verkiesings gaan voort
Denver Kisting – Die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het vanoggend by monde van sy voorsitter, adv. Notemba Tjipueja, gesê vanjaar se plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings gaan voort.
Dít kom ondanks die uitbreking van Covid-19 en die gepaardgaande maatreëls om die verspreiding daarvan te probeer hokslaan.
Die verkiesings is vir November vanjaar geskeduleer.
Ingevolge ’n hooggeregshofuitspraak van vroeër vanjaar sal tradisionele stembriewe vir die verkiesings later vanjaar gebruik word.
Die land se hoogste hof het gelas elektroniese stemtoestelle (EVM’s) mag slegs weer in ’n verkiesing ná 21 Maart 2020 gebruik word indien dit met ’n naspeurbare papierspoor vergesel word.
- [email protected]
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie