Verkleurmannetjies fnuik die dood

Die Swakopmund-slangpark hoop dié merkwaardige verhaal sal meer besoekers lok, aangesien hulle weens die Covid-19-pandemie sukkel om kop bo water te hou.
Erwin Leuschner
Erwin Leuschner - Ses Namakwa-verkleurmannetjies het na agt maande in ‘n broeikas by die Swakopmund-slangpark uitgebroei. Dít nadat die eiers uit ‘n dooie ma-verkleurmannetjie gered is.

Hulle is piepklein en effens onvas op hulle voete, maar het reeds vurige “persoonlikhede”. Die klein reptiele se storie is buitengewoon.

Volgens die eienaar van die slangpark, mnr. Stretch Combrink, het ‘n inwoner van Swakopmund in September verlede jaar op die volwasse verkleurmannetjie in die woestyn afgekom en na die park gebring. Die verkleurmannetjie was nie in ‘n goeie toestand nie.

Combrink het die reptiel vir me. Chantelle Bosch, ‘n plaaslike toergids, gegee. Sy versorg reeds jare lank beseerde verkleurmannetjies.

“Die ma is na ‘n paar dae dood,” sê Bosch.

Bosch wou eers die dooie reptiel terug na die woestyn neem, maar het besluit om eerder ‘n outopsie uit te voer.

Die verkleurmannetjie was toe reeds drie dae dood. Sy het nie net op lewende ronde wurms in die reptiel afgekom nie, maar ook op nege onderontwikkelde eiers.

Sy was aanvanklik nie seker of die eiers nog lewensvatbaar was nie, aangesien die ma reeds dae lank dood was. Die eiers is in ‘n broeikas by die slangpark geplaas. Wonderbaarlik het sewe van hulle verder ontwikkel en agt maande later het ses verkleurmannetjies uitgebroei.

“Ons Amerikaanse kollegas het ons ingelig dit is uiters skaars om lewensvatbare eiers van ‘n dooie verkleurmannetjie te kry,” het Combrink gesê.

Die klein reptiele het skaars twee gram geweeg nadat hulle uitgebroei het. Hulle is nou ‘n week oud en ontwikkel goed.

“Sodra hulle groot genoeg is sal ons hulle weer in die woestyn vrylaat,” sê dié slangkenner, wat die kleintjies die “wonderkoppeling” gedoop het.

Namakwa-verkleurmannetjies is uniek en vorm deel van die sogenaamde “Klein Vyf”. Hulle is van die vinnigste verkleurmannetjies en het gewoonlik ‘n redelike donker kleur op koel oggende. Sodra die dag begin warm word, word hulle ‘n ligter kleur om koel te bly.

“Daar is nie baie oor die verkleurmannetjies bekend nie,” sê die mede-eienaar van die slangpark, me. Angela Curtis.

“Ons weet nie eens hoe oud hulle word nie.”

Die Swakopmund-slangpark is die enigste openbare park van sy soort in Namibië. Hulle huisves verskillende slangspesies, sowel as ander reptiele, insekte, spinnekoppe en skerpioene.

“Ons het vir twee maande geen inkomste gehad nie weens die coronakrisis,” het Combrink gesê.

Hy hoop die unieke verkleurmannetjies sal meer besoekers lok. “Andersins weet ons nie hoe ons kop bo water gaan hou nie,” voeg hy by.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Up +0.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 755.68/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0078 | Zinc US$ 2 914.00/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 79.05/BBP DOWN -0.0056 | Platinum US$ 953.41/OZ DOWN -0.002 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 28° Rundu: 18° | 27° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 20° | 27° Ruacana: 18° | 26° Tsumeb: 18° | 27° Otjiwarongo: 17° | 29° Omaruru: 18° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 32° Henties Bay: 19° | 23° Swakopmund: 18° | 19° Walvis Bay: 19° | 24° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 34° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 22° | 38° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 15° | 23° Mbabane: 16° | 27° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 23° Lilongwe: 18° | 27° Maputo: 21° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 21° | 28° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 33° Lusaka: 17° | 25° Harare: 15° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3 | RUB to NAD 0.17 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.89 | USD to AOA 910.98 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 49.54 | USD to KES 129.61 | USD to NGN 1678.72 | USD to ZAR 18.09 | USD to ZMW 26.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 84845.88 Up +0.13% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1835.78 Up +0.17% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 15768.92 Down -1.25% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29826.58 Up +0.70% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 10073.16 Up +0.11% | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 755.68/OZ UP +0.41% | Copper US$ 4.27/lb DOWN -0.0078 | Zinc US$ 2 914.00/T DOWN -0.29% | Brent Crude Oil US$ 79.05/BBP DOWN -0.0056 | Platinum US$ 953.41/OZ DOWN -0.002