Verkoop van Elizabeth Bay-myn afgehandel

Ronelle Rademeyer
Nadat Namdeb in 2018 aangekondig het hy gaan die Elizabeth Bay-myn naby Lüderitz en al sy mariene bates as 'n lopende bedryf verkoop, het dié diamantkorporasie vanoggend aangekondig die verkoopstransaksie is met Sperrgebiet Diamond Mining (SDM) beklink.
Sperrgebiet Diamond Mining, 'n filiaal van die Namibiese Lewcor Group.
"Die voltrekking van die transaksie vandag (Vrydag 2 Oktober) baan die weg vir SDM om volle eienaarskap van die myn oor te neem. Dit is 'n belangrike mylpaal aangesien dit nuwe sake- en werksgeleenthede in die //Kharasstreek skep," sê dr. Martha Uumati, adjunk-voorsitter van Namdeb, in 'n verklaring.
Sy sê dit skep 'n nodige ekonomiese geleentheid vir die Lüderitz-gemeenskap asook die groter Namibiese ekonomie, veral nou dat baie mense hul werk weens die pandemie verloor het.
Dié myn is deel van die land se ryk diamantgeskiedenis en het in 1911 in bedryf gekom. Dit is in 1991 weer geaktiveer nadat dit sedert die Groot Depressie in die dertigerjare van die vorige eeu nie in gebruik was nie. Mynboubedrywighede is in September 2018 gestaak. Tussen 1991 en 2018 het die myn 4 miljoen karaat diamante opgelewer.
Volgens mnr. Chris Lewis, besturende direkteur van SDM, sal diamante aanlandige en aflandige ontgin word.

Foto's: Verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!