• Tuisblad
  • Sake
  • Verkope van juweliersware styg weer by Richemont
Verkope van juweliersware styg weer by Richemont
Verkope van juweliersware styg weer by Richemont

Verkope van juweliersware styg weer by Richemont

Hanlie Stadler - Dit lyk asof Chinese verbruikers weer ’n voorliefde vir luukse horlosies en juweliersware ontwikkel het ná ’n paar jaar waarin die verkope van alle luukse goedere – van parfuum tot duur whisky – getaan het omdat die regering op die omkopery van staatsamptenare toegeslaan het.

Richemont, wat onder meer Cartier, Vacheron Constantin, Montblanc en Van Cleef & Arpels besit, sê in die vyf maande tot einde Augustus het sy verkope in die Asië-Pasifiese streek met 23% gestyg gemeet aan konstante wisselkoerse (wat die impak van wisselkoerse tussen die twee jare uitsluit). Teen die huidige wisselkoers het dit met 22% gestyg.

Die syfers lyk goed omdat dit vergelyk word met 2016, toe Richemont nog besig was met ’n proses om ou voorraad terug te koop wat nie verkoop het nie. Die grootste hoeveelheid terugkope was in die Asië-Pasifiese streek.

Algeheel was die groep se verkope 12% hoër as in dieselfde vyf maande van 2016 (10% teen die huidige wisselkoerse).

As die impak van die terugkoopproses buite rekening gelaat word, het verkope in konstante wisselkoerse met 7% gestyg.

Japan, wat afsonderlike gemeet word, het die tweede hoogste styging in verkope, van 11% (6% in huidige wisselkoerse), aangeteken. Dit word toegeskryf aan puik besteding deur inwoners en toeriste.

Verkope in Afrika en die Midde-Ooste het met net 2% (1% in huidige wisselkoerse) gestyg; in Europa met 3% (3%) en in die VSA met 9% (9%).

Afdelings

As verkope in die verskillende afdelings verdeel word waarin Richemont sy syfers verdeel, blyk dit juweliersware en parfuum, wat onder die juweliersware-afdeling gemeet word, het die beste gevaar. Só het verkope volgens afdelings gestyg (volgens die huidige wisselkoers tussen hakies):

Juweliersware (Cartier, Van Cleef & Arpels en Giampiero Bodino): 17% (16%)

Horlosiemakers (A. Lange & Söhne, Baume & Mercier, IWC Schaffhausen, Jaeger-LeCoultre, Officine Panerai, Piaget, Roger Dubuis en Vacheron Constantin en die gesamentlike onderneming Ralph Lauren Watch and Jewellery): 7% (6%)

Ander (Alfred Dunhill, Azzedine Alaïa, Chloé, Lancel, Montblanc, Peter Millar en die vervaardigers van horlosie-onderdele): 3% (2%)

Die syfers kom nadat Richemont in Mei bekend gemaak het sy verkope in die boekjaar tot einde Mei 2017 was 4% laer en sy wins 46% laer as in die vorige jaar. Die groep se verkope het in dié boekjaar €10,6 miljard beloop.

Richemont maak sy halfjaarsyfers op 10 November bekend. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!