Verkope van nuwe wiele styg (in randwaarde)
Verkope van nuwe wiele styg (in randwaarde)

Verkope van nuwe wiele styg (in randwaarde)

William Horne - Vir die eerste keer vanjaar was hoër brandstofpryse nie die enigste faktor wat verkope in die breër motorhandel opgestoot het nie.

Verkope van nuwe en gebruikte motors het ook in randwaarde in April gestyg.

Luidens Statistieke Suid-­Afrika (SSA) se jongste verslag oor die motorhandel het dié bedryf se algehele verkope in April met 'n merkwaardige 10,4% opgeskiet teenoor April 2018, gemeet in huidige randwaarde. Dit is die hoogste so 'n groeikoers sedert Julie 2013.

Van Maart tot April het verkope met 3,9% gegroei, die hoogste maandelikse groeikoers sedert Mei 2018.

Nuwemotorverkope het op 'n jaargrondslag vir die eerste keer sedert Julie 2018 positief gegroei en wel met 10,2%.

Motorhandelverkope soos SSA dit meet, bestaan uit ses afdelings: die verkope van nuwe en gebruikte voertuie; inkomste uit motorbykomstighede; brandstofverkope; verkope by geriefswinkels by vulstasies; en besteding by werkswinkels.

Verkope word in ­randwaarde gemeet, en nie in volume nie. Volgens die Vereniging van Motor­vervaardigers se syfers is effens meer (0,7%) nuwe voertuie wel in April verkoop, maar die opflikkering is in Mei weer omgekeer, toe verkope met 5,7% geval het.

Só lyk SSA se groeikoerse van die onderskeie afdelings van motorhandelverkope vir April 2019 teenoor April 2018:

• Nuwevoertuigverkope: 10,2% (was -17,7% in Maart)

• Verkope van gebruikte voertuie: 10% (-9,7%)

• Inkomste uit werkswinkels: 8,2% (-2,4%)

• Inkomste uit die verkope van ­bykomstighede: 11,7% (1,5%)

• Brandstofverkope: 11,7% (8,6%)

• Inkomste van geriefswinkels: 1,5% (-0,2%)

Hoër brandstofpryse en dus verkope is steeds die grootste aandrywer van die algehele ­groeikoers.

Die driemaandesyfer, wat nog ­teruggehou word deur die powere verkope van die eerste drie maande van die jaar, was ook vir die eerste keer vanjaar positief op 0,7%.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!