Verkope van selfone boer steeds agteruit
Petrus Malherbe – Suid-Afrikaners se kooplus vir nuwe slimfone blyk steeds aan die taan te wees en die verkope het die derde agtereenvolgende kwartaal agteruitgeboer.
Minder as 3 miljoen slimfone is tussen April en Junie verkoop, blyk uit Gfk se marknavorsing.
Dit is bykans 5% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.
Kali Moahloli, hoof van verkope en kleinhandel by Gfk, skryf die skerp daling toe aan die stram ekonomiese toestande en ’n versadigde mark.
Kortom klou Suid-Afrikaners langer aan hul slimfone.
Tog wys Gfk se navorsing dat die inkomste wat uit slimfoonverkope in die laaste kwartaal gegenereer is, het met 3,9% toegeneem.
“Dié toename is hoofsaaklik te danke aan geweldige spronge in wisselkoerse eerder as die mark wat gegroei het,” sê Moahloli. Weens die swak rand betaal verbruikers dus duurder vir toestelle.
“Ons verwag dat die slimfoonmark steeds sal stagneer totdat opwindender toestelle uitgereik word.”
Volgens Moahloli is dit ook noodsaaklik dat slimfoonvervaardigers die prys van die toestelle verlaag.
Al die grootste diensverskaffers ondervind ook toenemend swak groei in die aantal nuwe kontrakkliënte. Hierdie segment verteenwoordig hoofsaaklik diegene wat duurder toestelle soos die iPhone XS of die splinternuwe Samsung Galaxy Note 10 aanskaf.
Die kontantprys van dié toestelle is buite die bereik van die meeste Suid-Afrikaners. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie