Verkopers verwelkom mark
Die munisipaliteit het die oprigting van nuwe en verbeterde geriewe vir smouse aangekondig.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop
'n Projek wat die oprigting van handelsruimte vir straatverkopers op Keetmanshoop ten doel het, word deur die Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit (GIZ) gefinansier.
Die totale projekkoste beloop tot dusver N$1,4 miljoen. Die finale bedrag sal bekend gemaak word met die voltooiing van die projek.
Volgens die munisipaliteit sal die geriewe teen die einde van Julie vanjaar voltooi wees.
Die munisipaliteit se skakelbeampte, Dawn Kruger, het gesê die mark sal ongeveer 65 klein- en mediumgrootte-ondernemings, asook plaaslike straatverkopers huisves. Dit sal onder die B1-brug gebou word.
Terwyl die munisipaliteit grond beskikbaar gestel het, finansier GIZ die boumateriaal. Die Local Economic Development Agency (LEDA) onder die vaandel van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling dek die arbeidskoste.
Kruger het gesê die departement van plaaslike ekonomiese ontwikkeling het die straatverkopers 'n onguns bewys deur hulle te dwing om onder ongunstige omstandighede te probeer handel dryf.
“Toe ons sien onder watter omstandighede hulle werk, het ons die inisiatief geneem om dit te verander. Hierdie verkopers en hul produkte word dikwels aan die wind en weer blootgestel.
“Boonop is daar geen ablusiegeriewe nie; daarom was dit noodsaaklik vir ons om aandag aan die saak te gee,” het Kruger gesê.
NUWE BEGIN
Verkopers by die monument en sentrale parke in die middedorp het reeds 'n verbetering in hul sakeomgewing gesien.
In Junie het die munisipaliteit splinternuwe toilette vir al die straatverkopers – mans sowel as vroue – voltooi asook 'n toilet vir mense met gestremdhede.
Volgens Kruger is hulle van mening dit is 'n goeie inisiatief wat handel op 'n kleinskaal sal bevorder en tot selfonderhoud sal lei.
“Die uitdagings wat ons ten opsigte van straatverkopers in die gesig staar, is hul gebrek om te voldoen aan standaarde vir netheid en higiëne, 'n gebrek aan ruimte vir almal as gevolg van die groot toestroming van aansoekers, en besighede wat oornag opskiet,” het sy gesê.
Die ablusiegeriewe kan deur die publiek gebruik word teen N$2, wat gebruik sal word vir skoonmaak en instandhouding.
Die munisipaliteit beplan voorts om 30 mobiele verkoopspunte op te stel, wat reeds by die munisipale stoorkamer is. Dit het die GIZ N$92 000 gekos.
“Hierdie mobiele verkoopspunte met 'n afdakkie, sal vir handelaars help om rond te beweeg, terwyl dit sal help om die las van die opstel en afbreek van hul tydelike staanplekke te verlig,” het Kruger gesê.
Wharen Krohne, 'n kapana-verkoper, sê hy is baie opgewonde om deel te wees van diegene wat 'n beter kans het om 'n sukses van hul besigheid te maak.
“Dit sal ons 'n beter werksplek bied wat weer ons wins sal verhoog,” het hy gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie