Verkragter van Duitse toeris sit 24 jaar
Verkragter van Duitse toeris sit 24 jaar

Verkragter van Duitse toeris sit 24 jaar

Francoise Steynberg
Rico Daniel Rickert (32) is Vrydag in die streekshof op Keetmanshoop tot 24 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy einde Oktober 2017 ‘n Duitse toeris by ‘n gasteplaas naby Bethanie verkrag het.

Rickert, 'n inwoner van Bethanie, het op 13 Desember 2017 skuldig gepleit op twee klagte van verkragting, asook op klagte van huisbraak met die doel om te steel, en roof en aanranding.

Hy het in sy pleitverduideliking beweer sy oordeel toe hy die misdade gepleeg het, is deur alkohol en dagga beïnvloed.

Streekslanddros Sunsley Zisengwe het Rickert tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis vir huisbraak met die opset om te steel, asook een jaar vir aanranding en 12 jaar vir die twee verkragtingsklagte elk.

Zisengwe het beveel die vonnis vir huisbraak en aanranding moet saam met die vonnis vir die een klag van verkragting uitgedien word. Rickert sal altesaam 24 jaar agter tralies deurbring.

Die 34-jarige avontuurlustige toeris het per fiets vrou-alleen van Egipte af deur Afrika tot in Namibië gereis, maar het 'n nagmerrienag op 31 Oktober 2017 op die Barby-gasteplaas naby Bethanie beleef.

Rickert, wat op die gasteplaas gewerk het, het die nag by haar chalet ingebreek terwyl sy geslaap het. Hy het geld en 'n selfoon van haar geëis, waarna hy haar verkrag het.

Daarna het Rickert in die berge in die omgewing van Helmeringhausen op die vlug geslaan en die polisie het spoorsnyers en 'n helikopter in hul soektog na hom ingespan.

Hy is twee dae later die aand op die plaas Sollider sowat 70 km buite Aus tussen dié Suidedorp en Helmeringhausen deur plaaswerkers gevang.

Dít volg nadat die Namibiese polisie die boere in die omgewing van Aus, Helmeringhausen en Bethanie gewaarsku het om op die uitkyk vir die verdagte te wees nadat hulle sy slaapplek in die berge op die plaas Tiros in die Helmeringhausen-distrik met die gesteelde selfoon en kontant van die toeris, asook gesteelde goedere van die plaas, daar ontdek het.

Buitelandse toeriste word toenemend die slagoffers van misdaad in Namibië en die polisie het derhalwe 'n spesiale eenheid vir die beskerming van toeriste op die been gebring.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!