‘Verkragter’ voer glo skrikbewind
’n Beskuldigde wat op 23 klagte tereg staan, insluitend die verkragting van ’n 10-jarige meisie, se verhoor het gister in die hoërhof in Windhoek hervat.
Kristien Kruger – ’n Vermeende verkragter wat glo op sewe afsonderlike geleenthede oor 'n tydperk van byna ses jaar jong meisies en vroue in Windhoek en op nabygeleë plase aangeval het, se verhoor duur dié week voort.
Die klagte teen mnr. Gavin Gawanab (27) sluit in onder meer drie klagte van verkragting, drie klagte van poging tot verkragting, vier klagte van poging tot moord en verskeie van aanranding en aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Hy het na bewering ’n minderjarige meisie probeer verwurg ná hy haar verkrag het en word daarom ook op poging tot moord aangekla. Dié voorval het in Oktober 2018 op ’n plaas naby Windhoek plaasgevind.
Na bewering het hy ook ’n ander minderjarige meisie op 29 September 2018 naby dieselfde plaas aangerand.
Hy word aangekla van verskeie aanrandings en verkragting van vroue en jong meisies in Havana naby Windhoek. Hy het glo in 2015 ’n minderjarige meisie in dié omgewing verkrag.
Op 29 April 2017 het hy na bewering ’n jong meisie aangerand en haar daarna verkrag en beroof.
Hy het glo op dieselfde dag ’n ander vrou in Havana met ’n skerp voorwerp gesteek en op 2 September 2016 is nog ’n vrou in Havana op dieselfde manier aangeval.
Nog ’n vrou is op dieselfde dag en in dieselfde gebied glo deur Gawanab gedreig om al haar klere uit te trek waarna hy glo probeer het om haar te verkrag.
Verder word beweer dat Gawanab op 22 Desember 2012 naby Daan Viljoen probeer het om nog 'n minderjarige meisie te verkrag en te vermoor deur haar te verwurg.
In 2013 het Gawanab glo twee mense op ’n plaas naby Windhoek met ’n mes gedreig en staan dus ook tereg op klagte van aanranding deur dreigemente. Hy is in Oktober 2018 in hegtenis geneem en is sedertdien in aanhouding.
Hy het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.
’n Groot deel van die verhoor vind in camera in ’n kindervriendelike hofkamer plaas, aangesien sommige van die getuies nog minderjarig is.
GETUIE GLO MET SPIES GESTEEK
’n Vriendin van een van Gawanab se beweerde verkragtingslagoffers het gister in die hof getuig dat Gawanab haar met ’n 60 cm lange spies gedreig en haar in die linkerskouer gesteek het.
Sy en haar vriendin het in 2017 – nadat hulle by ’n kroeg gekuier het – huis toe gestap toe Gawanab glo op haar afgestorm en haar baadjie vasgegryp het.
Nadat hulle gestoei het en sy met die spies gesteek is, het sy losgekom en Gawanab het glo agter haar vriendin aangehardloop. Sy het gesien hoe hulle in die rigting van ’n nabye rivierloop hardloop.
Sy het na haar skoonfamilie se nabygeleë huis gehardloop en kon hoor hoe haar vriendin om hulp skree.
Toe sy weer haar vriendin sien, was sy sonder haar broek en onderklere.
“Sy was halfkaal. Sy was baie deurmekaar en het opgetree asof sy mal is. Ons het die polisie gebel en hulle het haar kom haal,” het sy getuig.
Gawanab het by monde van sy regsverteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomunji, al dié gebeure ontken.
Siyomunji het tydens kruisverhoor aangevoer die getuie en haar vriendin was dronk, omdat hul getuienisse oor sekere aspekte verskil het. Hulle het byvoorbeeld verskillende getuienisse gelewer oor die klere wat die beskuldigde die aand van die voorval aangehad het.
Hy het die getuie gevra of sy hospitaal toe was vir die skouerbesering en sy het getuig sy was nie.
“Jy was nie hospitaal toe nie, want jy was nie beseer nie,” het hy gesê.
Die verhoor duur vandag voor regter Dinnah Usiku voort. Me. Innocencia Nyoni, die adjunk-aanklaer-generaal, is die staatsaanklaer.
– [email protected]
FOTO
Mnr. Gavin Gawanab, wat tereg staan op 23 klagtes insluitend die verkragting van minderjarige meisies, se verhoor het gister hervat. Foto Kristien Kruger

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie