Verkragter wag nog op vonnis
Verkragter wag nog op vonnis

Verkragter wag nog op vonnis

'n Suid-Afrikaanse man is tien maande gelede skuldig bevind aan die verkragting van twee minderjariges, maar vonnis­oplegging kon steeds nie geskied nie.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – In die saak waar 'n man skuldig bevind is op die verkragting van twee meisies (13 en 14) nege jaar gelede op Swakopmund, moet die staat nog een getuie roep voor hy gevonnis word. Hy is ook op aanklagte van mensehandel skuldig bevind.

Die verdediging het twee getuies geroep om vir 'n versagte vonnis te getuig en die staat beplan om een getuie te roep wat vir 'n swaarder vonnis sal getuig.

Regter Hosea Angula het gister in die hoërhof in Windhoek die saak tot 20 Oktober uitgestel om datums te skeduleer vir die staat se getuie en om die beskuldigde, Marthinus Pretorius (49), se nuwe regshulpverteenwoordiger tyd te gee om met hom te konsulteer en op datum te kom met die saak.

“Die saak is al baie lank op die rol en ek wil dit graag afhandel. Ek wil nie die saak roep en in kennis gestel word die verdediging is nie gereed nie. Ek gee daarom genoeg tyd en ons sal op 20 Oktober die pad vorentoe uiteensit,” het Angula gesê.



AGTERGROND

Pretorius het aan die begin van sy verhoor skuld beken op die verkragting van die 13- en 14-jarige meisies op Swakopmund in 2012, maar het onskuldig gepleit op die aanklagte van mensehandel. Angula het hom in November ook op dié aanklagte skuldig bevind.

Pretorius het tydens sy verhoor vir 'n versagte vonnis gevra en het berou betoon.

Hy het in Junie 2012 op twee ver­skillende geleenthede met die 14-jarige meisie seksuele omgang gehad en in Mei 2012 op vyf geleenthede met die 13-jarige.



MEDEBESKULDIGDE

Volgens hom het die 13-jarige op twee van die geleenthede saam met Johanna Lukas (24), sy medebeskuldigde, en die ander drie keer vrywillig na sy huis op Swakopmund gekom.

Lukas is in Augustus 2015 tot 13 jaar tronkstraf gevonnis aan 13 klagte van mensehandel en verkragting.

Sy het in 2012 vier minderjarige meisies aan Pretorius verkoop.

Pretorius het kort ná Lukas se inhegtenisneming na Suid-Afrika gevlug en is in Desember 2017 aan Namibië uitgelewer.

Pretorius is sedertdien in aanhouding.

[email protected]

FOTO
Die 49-jarige inwoner van Swakopmund, Marthinus Pretorius, is in November 2021 skuldig bevind op sewe klagte van verkragting van minderjariges en vyf klagtes van mensehandel. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!