Verkragting: ‘Ek het beheer oor haar’
Henriette Lamprecht - “Ek het haar verkrag, want ek het gevoel ek het beheer oor haar.”
“Miskien was dit die geloof dat vroue swakker is wat gemaak het dat ek haar verkrag het.”
Só sê twee veroordeelde verkragters wat aan ’n studie deelgeneem het oor die redes waarom mans hulle aan dié grudaad skuldig maak, wat pandemiese afmetings in die land aangeneem het.
In die studie het ’n meestersgraadstudent verbonde aan die Universiteit van Namibië (Unam), me. Nangula Kefas, onderhoude met 15 verkragters in die Windhoek Sentrale Gevangenis, drie maatskaplike werkers en twee gevallestudiebeamptes gevoer.
Volgens dié verkragters is sekere kulturele praktyke, ekonomiese omstandighede, oorlewing, mag en manlikheid, alkoholmisbruik en hul familieagtergrond die hoofredes waarom hulle verkrag het.
Die studie verwys na die Nasionale Plan van Aksie vir Geslagsgeweld (2012 – 2016) wat sê 1 100 tot 1 200 gevalle van verkragting word jaarliks in Namibië aangemeld.
Volgens laasgenoemde is die meeste verkragtings aan die hand van familielede of kennisse, met net 12% van alle slagoffers wat deur vreemdelinge verkrag is.
Die meeste slagoffers kies om dit nie aan te meld of daaroor te praat nie weens familiedruk, die skande wat daarmee gepaard gaan en dreigemente van fisieke skade deur aanvallers.
Die studie verwys na die invloed van kultuur en veral tradisies soos die Tjiramue-, Olufuko- en Sikenge-praktyke wat tot verkragting bydra.
Dié praktyke behels dat vroue geleer word om onderdanig aan mans te wees, om die pyn te aanvaar wat mans veroorsaak en om seks (selfs teen hul sin) met mans soos hul ooms te aanvaar.
Olufuko is ’n praktyk wat diepgewortel in konserwatiewe Afrikatradisies is en het ten doel om jongmense voor te berei vir die rolle wat hulle as volwassenes moet vervul.
Volgens die studie word seuns geleer om meerderwarig te voel, terwyl meisies geleer word om minderwaardig en onderdanig te wees.
Die Tjiramue-praktyk in die Otjiherero-kultuur laat onder meer neefs en niggies toe om te trou, wat dikwels tot bloedskandelike verkragting lei.
Volgens die studie word vroue deur dié kulturele praktyke geleer om manlike dominansie en maatskaplike instellings te aanvaar wat patriargie bevorder.
Ook is daar volgens die studie ekonomiese faktore wat bydra tot verkragting, terwyl mense ook seksuele verhoudings aanknoop om te oorleef.
Die verkragters het tydens die onderhoud aangedui hulle voel hulle het beheer oor hul slagoffers, terwyl sommige gesê het hulle teiken spesifiek vrouens omdat hulle bang is mans oorweldig hulle.
Volgens die studie het die verkragters ook die stereotipiese opvatting bevestig dat vroue op byna alle gebiede swakker as mans is.
Ook is bevind manlikheid word dikwels deur seks uitgedruk.
Alkohol- en dwelmmisbruik is een van die grootste bydraers tot verkragting, met die meeste verkragters wat dronk was toe die misdade gepleeg is.
Die meeste van die verkragters kom uit gebroke huise waar hulle dikwels aan geweld blootgestel is.
Die bevindinge het onder meer aan die lig gebring die soort verkragtings wat die meeste in Namibië voorkom, is statutêre verkragting, verkragting deur misleiding, bloedskandelike verkragting en verkragting in die huwelik.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie