Verkragtings en bendegeweld oor die Paasnaweek
Die langnaweek het sy tol geëis in die vorm van geslagsgebaseerde geweld en bloedige gevegte.
Tanja Bause
'n Elfjarige meisie is Sondag in die Uudhiya Waakiintu-nedersetting op Omuthiya glo deur 'n 34-jarige Angolese burger verkrag.
Die man het volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag glo vir die slagoffer se ouma gewerk.
Saterdag is die oorskot van 'n ongebore baba in die erf van 'n huis in Wanaheda in Windhoek gevind.
Die polisie versoek die gemeenskap om te help met die opsporing van die ma.
Nog 'n geval van geslagsgebaseerde geweld het Sondag in die Ombili- informele nedersetting in Windhoek plaasgevind toe 'n 32-jarige man sy 32-jarige meisie na bewering met 'n mes gesteek het. Hy het haar glo in die regterarm en ribbes gesteek. Volgens die polisie het sy die mes by hom afgevat en weggehardloop.
Die man het na wat verneem word, gedink sy is dood en het homself in die slaapkamer gehang.
Die vrou is in die Katutura-staatshospitaal opgeneem en verkeer in 'n ernstige, maar stabiele toestand.
'n Onbekende verdagte het Sondag om 02:00 na bewering by die huis van 'n 55-jarige vrou in die Olukuma-nedersetting in Tsandi ingebreek.
Volgens die polisie het die verdagte glo die deur na die vrou se kamer afgebreek, die slagoffer na buite gesleep en haar verkrag. Niemand is al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
By die Hochanas-nedersetting in die Hardapstreek is 'n 16-jarige meisie Vrydag na bewering deur 'n 19-jarige man verkrag.
Die meisie was na wat verneem word om 02:30 op pad huis toe toe die man haar glo verkrag het. Hy is in hegtenis geneem en die polisieondersoek duur voort.
'n Vrou (28) is Saterdag by die Etaneno-nedersetting in die Oshanastreek glo deur 'n 38-jarige man in die bosse verkrag. Die man is in hegtenis geneem.
Mnr. Romario Gariseb (22) het die naweek aan 'n skietwond in sy maag in die Katutura-staatshospitaal beswyk.
Volgens die polisie was hy deel van 'n bende wat Vrydag in Evelinestraat baklei het.
Tydens die bakleiery is nog iemand glo met 'n mes gesteek.
Die verskillende bendelede het mekaar na wat verneem word met bottels en klippe gegooi en 'n polisieman wat tussenbeide getree het, het glo twee waarskuwingskote in die lug afgevuur.
Een van die skote het die oorledene getref. Die polisieondersoek duur voort.
In nog 'n geval van bendegeweld is mnr. Paulus Rikoro (20) in die Tsumeb-staatshospitaal oorlede nadat hy glo met 'n mes gesteek is.
Volgens die polisie was die oorledene en die verdagte in 'n bendegeveg in die Kuvukiland- informele nedersetting betrokke toe die voorval om 23:00 plaasgevind het.
Mnr. Sikabelezi Dickson (38) het op die toneel gesterf nadat hy na wat verneem word met 'n gebreekte bottel in die bors gesteek is en sy keel afgesny is.
Volgens die polisie het die oorledene en die verdagte om 01:00 in die Lyaboloma-kiesafdeling in die Zambezi-streek by 'n kroeg gedrink en aan die stry geraak.
Die 29-jarige verdagte is in hegtenis geneem.
Vrydag het die vierjarige Kedisa Baadje in haar huis in die Nau-Aib-nedersetting op Okahandja doodgebrand. Sy was tydens die voorval alleen in die huis.
Drie mans is Sondag in die Namib Naukluft Park in hegtenis geneem.
Die mans, onderskeidelik 28, 38 en 42, was in die besit van vier gemsbokke en een springbok.
Die polisie het op hul voertuig en 'n geweer beslag gelê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie