Verkragtings, geslagsgeweld vier hoogty die naweek
Verkragtings, geslagsgeweld vier hoogty die naweek

Verkragtings, geslagsgeweld vier hoogty die naweek

Ronelle Rademeyer
Geslagsgeweld het ná ‘n week waarin dit op die hoogste regeringsvlak onder die loep gekom, opnuut die afgelope naweek voortgeduur.
‘n Argument tussen geliefdes het tot ten minste een moord gelei, terwyl drie verkragtings en twee pogings tot verkragting aangemeld is.
Die jongste verkragtingslagoffer is 3 jaar oud.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, sê twee vroue word vir geweld teen hul geliefdes ondersoek.
‘n 42-jarige vrou van Rehoboth is in hegtenis geneem nadat sy na bewering in die vroeë ure Sondagoggend vir mnr. Goliath Shikongo (32) vermoor het deur hom twee keer met ‘n mes in die bors gesteek het. Dit het glo gebeur nadat hulle ná ‘n fuifpartytjie stry opgetel het.
In ‘n ander voorval het ‘n 33-jarige vrou na bewering in ‘n voorval van huishoudelike geweld op Ondobe, haar lewensmaat sy hut aan die brand gesteek.
Op Mariental is ‘n 49-jarige man in hegtenis geneem nadat hy na bewering Donderdagnag ‘n 3-jarige meisie wat saam met hom in die bed geslaap het, verkrag het. Sy is na ‘n dokter geneem toe haar ma die volgende dag agtergekom het sy loop snaaks en beserings aan haar geslagsdele opgemerk het.
Op Outjo is ‘n man Vrydagoggend in die Saamstaan-woonbuurt onder klippe gesteek toe hy probeer het om ‘n 8-jarige seun te verkrag. Die seun het om hulp geskree en ‘n vrou het hom te hulp gesnel. Sy het die man met klippe bestook. Hy is met ernstige beserings na die staatshospitaal op Outjo geneem, en later na Windhoek oorgeplaas. Die seun is ondersoek en ‘n dokter het bevind daar was geen penetrasie nie.
In Katutura is ‘n man Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo die vorige nag probeer het om ‘n 12-jarige meisie on 'n toilet te verkrag. Haar ma het die polisie ontbied en die 35-jarige man is in hegtenis geneem.
‘n Vroulike sekuriteitswag van Otjomuise is Vrydag na bewering by haar werkplek deur ‘n 32-jarige man met ‘n yster voorwerp oor die kop geslaan, waarna hy haar uitgetrek en verkrag het. Hy is later in hegtenis geneem.
En op Rehoboth is ‘n 14-jarige meisie Saterdagnag na bewering deur die 27-jarige man saam met wie sy gekuier en wyn gedrink het, by sy huis verkrag. Hy is ook in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!