• Tuisblad
  • Sake
  • Verkrygings steun Rhodes Food se blink resultate
Verkrygings steun Rhodes Food se blink resultate
Verkrygings steun Rhodes Food se blink resultate

Verkrygings steun Rhodes Food se blink resultate

Jo-Mare Duddy Booysen
Vida Booysen - Die voedselgroep Rhodes Food Group Holdings (RFG) het ’n sterk handels- en finansiële vertoning vir die ses maande tot einde Maart gelewer. Die maatskappy, ’n markleier in die sektore vir geblikte pynappels, tamatiepasta, boeliebief en konfyt in glasflesse, het sy verwaterde wesensverdienste per aandeel met 87,2% tot 48,1 c per aandeel verhoog.
Omset het met 54% tot R2 miljard opgeskiet, terwyl nabelaste wins 89% hoër is op R110 miljoen.
RFG se uitvoerende hoof, Bruce Henderson, sê die robuuste groei in verkope kan toegeskryf word aan “organiese groei” en die voordeel van verkrygings wat in die afgelope boekjaar gedoen is.
Die depresiasie van die rand het ook internasionale inkomste ’n hupstoot gegee.
Die maatskappy het in die eerste helfte van die boekjaar verkrygings soos Deemster, General Mills en Alibaba Foods gedoen wat volgens Henderson R484 miljoen tot RFG se verdienste in die afgelope ses maande bygedra het. Produkte soos babakos, gebottelde piekels en slaai, asook gebakte produkte, is deur die verkrygings tot RFG se stal gevoeg.
“Groter markaandeel is in sleutelproduk-afdelings verkry wat gedryf is deur verhoogde markaktiwiteit, produkontwikkeling en innovering,” sê Henderson.
Streekomset, wat 75% van die groep se algehele omset behels, het met 57% gestyg terwyl die afdeling vir vars voedsel sy verkope met 21% verhoog het, met goeie groei wat veral in die afdeling vir klaarbereide pasteie verkry is.
“Die veerkragtigheid van verbruikers in die hoër inkomstegroepe was voordelig vir die verkope van vars voedsel ondanks die huidige moeilike omgewing vir verbruiksbesteding,” sê Henderson.
Die maatskappy verskaf ook klaarbereide maaltye aan Woolworths.
Verkope in die afdeling vir langlewe-voedsel het met 89% gestyg, met die vraag na geblikte voedsel en vrugtesap wat bly styg. Henderson sê klante het positief gereageer op die Rhodesgroep se eie vrugtesaphandelsmerk wat in September verlede jaar bekend gestel is. Die groep verhoog tans die produksie by sy vrugtesapfabriek in Wellington.
Rhodes doen sake in 12 ander Afrikalande waar verkope met 87% toegeneem het, veral danksy hoër verkope van geblikte vleis en vrugtesappe. Internasionale omset het met 45% gestyg, en Henderson skryf dit hoofsaaklik toe aan die verswakking in die waarde van die rand teen die groep se mandjie van internasionale geldeenhede waarin daar ook handel gedryf word.
Kapitale verkrygings van R104 miljoen is in die tydperk hoofsaaklik bestee aan die opknapping van die vleisproduksie-aanleg en om die vrugtesapfabriek se kapasiteit uit te brei. ’n Verdere R150 miljoen se kapitale besteding word vir die tweede helfte van 2016 beplan. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!