Verkrygingsraadsyfers ’n ‘morsige prentjie’
Navorsing deur die IPPR het getoon beskikbare inligting laat veel te wense oor en somme klop nie.
Augetto Graig - Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) is bekommerd oor ’n tekort aan deursigtigheid en toegang tot inligting by die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN).
Mnr. Graham Hopwood, uitvoerende direkteur van die instituut, sê weens ’n tekort aan inligting wat vir die publiek beskikbaar is oor die regering se verkrygings bestaan die risiko van korrupsie.
Boonop klop beskikbare syfers glo nie.
Mnr. Frederico Links, ’n navorsingsassistent verbonde aan die IPPR, wys in die instituut se nuutste Procurement Tracker Namibia hoe die syfers nie ooreenstem nie.
Hiervolgens is 81 verkrygings goedgekeur, 104 voorwaardelik goedgekeur, 62 teruggestuur, 19 afgekeur en 29 gekanselleer. Dit is in totaal nie 248 nie, maar 295 verkrygings.
Volgens hom is dié syfer vir die tydperk van April 2018 tot Maart 2019 maar een van verskeie foute op die CPBN se webwerf.
“Hoekom word verkeerde inligting aan die publiek verskaf? Dit is eenvoudig verkeerd. Die publiek word bedrieg oor wat eintlik gebeur,” sê Links.
Volgens hom laat beskikbare inligting groot leemtes. Onder meer is inligting oor direkte verkryging en vrystellings nie beskikbaar nie.
“Ons kon vir die 2018-’19-boekjaar 445 verkrygingsaktiwiteite opspoor, maar dit behels om deur ou koerante te gaan, spesifieke webwerwe te besoek en alle beskikbare bronne noukeurig deur te gaan,” sê hy.
“Die inligting is nie in een sentrale bron beskikbaar nie,” sê Links.
Sowat 56 staatsondernemings en kantore het 367 advertensies in dié tydperk geplaas.
“Baie hiervan verskyn nie op die instansies se webwerwe nie. Dit is maar wat ons kon vasstel. Mense kry nie die syfers op enige ander plek nie. Selfs dit wat jy kry, is ’n morsige prentjie. As jy wil weet wat aangaan, moet jy maar self die somme doen. Dan klop die syfers nie eens nie,” sê hy.
“Die kwessie van deursigtigheid wek groot kommer. Dit is hoekom ons die Procurement Tracker in die eerste plek van stapel gestuur het,” sê hy.
“Ons hoop hulle sien dit as opbouende kritiek en doen iets aan die kwessies in die volgende paar maande,” sê hy.
Die Verkrygingsraad worstel met ’n tekort aan personeel, terwyl hul werkers se bevoegdheid ook bevraagteken word.
“’n Organisasie wat sukkel lei tot die vermoede van korrupsie,” het Hopwood gesê.
“Mens kan intuïtief sien hoe dié stand van sake onkostes vir Namibië veroorsaak,” sê Links.
Hy het bygevoeg die IPPR sal met die Hanns Seidel-stigting (HSF) se ondersteuning oorweeg om navorsing te doen om vas te stel wat dié onkostes is.
Die stigting se plaaslike verteenwoordiger, mnr. Clemens von Doderer, sê die IPPR se navorsing laat hom met meer vrae as antworde.
“Onduidelik – dit is die woord. Dit is onduidelik hoeveel aankope hanteer is. Onduidelik of daar korrupsie is. Onduidelik wat die raad se pligte is. Die rol van die verkrygingsraad is so belangrik.
“Namibië kan dit nie nou bekostig nie, ons kan bloot nie bekostig om geld te mors nie. Ek sou myself doodskaam as ek op daai raad gesit het en weet die inligting op die webwerf is verkeerd,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie