‘Verleentheid vir Cyril se regering’
Botswana het die sakevrou Bridgette Radebe, vrou van Jeff Radebe, minister van energie, skoonsuster van pres. Cyril Ramaphosa en suster van die miljardêr-sakeman Patrice Motsepe, verbied om voortaan sonder ’n visum die land binne te kom.
Daily Maverick berig dat Radebe se bewegings in Botswana aan bande gelê is ná berigte dat sy probeer inmeng het in die regerende party se leiersverkiesing. Dit word beskou as ’n reuseslag vir haar sakebelange en ’n selfs groter verleentheid vir Ramaphosa se regering.
Magang Ngaka Ngaka, Botswana se minister van nasionaliteit, immigrasie en gendersake, het in ’n spesiale staatskoerant aangekondig dat Radebe en haar Suid-Afrikaanse sakevennoot, die Sandtonse sakeman bekend as Malcolm X, in die toekoms om visums sal moet aansoek doen as hulle Botswana wil besoek.
Die meeste Suid-Afrikaners, met die uitsondering van Julius Malema, leier van die EFF, en sekere ander EFF-leiers, kan die grens na Botswana sonder ’n visum oorsteek. Malema se toelating is beperk nadat hy in 2011, toe hy nog leier van die ANC-jeugliga was, verklaar het dat hy met organisasies in Botswana sal saamwerk om ’n regeringsverandering in die verkiesing daar teweeg te bring. Malema het daarna aansoek gedoen om ’n visum, maar dit is van die hand gewys.
STRYDIG MET ANC-BELEID
Die aankondiging oor Radebe is verlede Woensdag gepubliseer – ’n dag voordat Ramaphosa Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gestuur het om betrekkinge met Botswana se pres. Mokgweetsi Masisi te versterk.
Ramaphosa het waarskynlik toe al van die verbod geweet, al het hy waarskynlik nie goedgekeur wat sy gedoen het nie, aangesien dit strydig is met ANC-beleid om in te meng in die regerings van lande met wie die ANC goeie betrekkinge het.
Radebe se verwantskap met Ramaphosa kon dit wel laat lyk het of haar optrede sy steun weggedra het.
Radebe het glo geld geskenk aan Pelonomi Venson-Moitoi, ’n vriend van haar en Botswana se minister van buitelandse sake wat Masisi vroeër vandeesmaand die stryd aangesê het om die leierskap van die Botswana Democratic Party.
Radebe het aan Daily Maverick gesê die bewerings teen haar is oordrewe. Sy erken dat hulle vriende is, maar ontken dat sy of haar geld in sy veldtog betrokke was om Masisi uit te daag.
Een van haar ondernemings se bankrekeninge is gevries omdat die Botswana-regering vermoed het die maatskappy se geld word gewas om Venson-Motoi se leierskapsveldtog te finansier.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie