Verlies dwing Implats dalk om te herstruktureer
Implats se verlies ná belasting in sy afgelope boekjaar het met ’n massiewe 18 732% tot R8,09 miljard toegeneem.
Elvira Wood - Impala Platinum (Implats) oorweeg om die bedrywighede by sy myn in Rustenburg te herstruktureer.
Dit kom nadat hy ’n wesensverlies van R2,68 miljard vir die jaar tot einde Junie by dié myn gely het.
Boonop is sewe mynwerkers vanjaar in ongelukke daar dood en is bedrywighede by die myn dikwels ingevolge art. 54 van die Wet op Mynveiligheid en Gesondheid onderbreek.
“Die neiging kan nie voortgaan nie en ’n omvattende hersiening van bedrywighede by dié myn sal gedoen word,” sê Nico Muller, uitvoerende hoof, in ’n verklaring.
Implats het gister sy resultate vir die jaar tot einde Junie bekend gemaak.
Implats is al geruime tyd besig met opknappings by dié myn, maar voorspel hy gaan vasbrand met konstruksie by skag 16 en 20, aangesien daar nou ’n tekort van R700 miljoen in sy begroting is om dit af te handel.
Die maatskappy het reeds vroeër vanjaar R6,5 miljard ingesamel deur nuwe effekte uit te reik.
Geen ander keuse
Die voorstel dat hy sy bedrywighede by sy Rustenburg-myn gaan herstruktureer, kom nadat hy deur die jaar 980 werkers as deel van ’n herstruktureringsproses by sy Marula-myn afgelê het.
Die maatskappy sê sy wesensverlies het met 8% tot R1,07 miljard in die boekjaar toegeneem.
Sy verlies ná belasting het met ’n massiewe 18 732% tot R8,09 miljard toegeneem.
Buiten die probleme by die Rustenburg-myn en lae produksie by Marula, sê die maatskappy die laer randwaarde vir die mandjieprys van platinumgroepmetale (PGM), verhogings in lone en elektrisiteitskoste wat hoër as inflasie is, het tot sy verlies bygedra.
Muller sê die maatskappy het geen ander keuse nie as om drasties ’n plan te maak om sy bedrywighede weer winsgewend te maak aangesien hy voorspel dat hulpbronpryse nog lank laag gaan bly.
Volgens hom moet dié neigings nou as “normaal” aanvaar word.
Implats se aandele het gisteroggend bykans 3% laer teen R38,26 verhandel. Dit is bykans 50% laer as 'n jaar gelede. – Netwerk24
Kassie:
Implats se jaarsyfers
Wesensverlies neem met 8% toe tot R1,07 miljard.
Wesensverlies per aandeel van R1,37 teenoor ’n wesensverdienste per aandeel van 12c.
Geen dividend is verklaar nie.
Inkomste styg met 2,5% tot R36,8 miljard.
Kontant en kontantekwivalente van R7,8 miljoen.
9 sterftes weens ongelukke: 7 by sy Impala-myn en 2 by van sy ander myne.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie