Vermeende bomplanter pleeg selfmoord in tronk
Vermeende bomplanter pleeg selfmoord in tronk

Vermeende bomplanter pleeg selfmoord in tronk

Estelle de Bruyn
Die Duitse owerheid is onder druk om te verduidelik hoe ’n verdagte, in aanhouding vir ’n komplot om bomme in Duitsland te plant, in aanhouding selfmoord gepleeg het.

Die Duitse polisie het Maandag aangekondig dat hulle vir Jaber Albakr, ’n 22-jarige verdagte bomplanter aangekeer het, wat twee dae vantevore weggeglip het toe ’n klopjag op sy huis in die oostelike stad, Chemnitz, uitgevoer is.

Hy was ’n vlugteling van Sirië.

Der Spiegel het berig dat die man aangekeer is nadat die polisie deur ’n ander Siriër wat in Leipzig woon, van sy teenwoordigheid ingelig is.

Albakr het die man op Leipzig se stasie genader en gevra om by sy huis oor te slaap.

Hy het ingestem en later die polisie in kennis gestel waarna Albakr om 00:42 plaaslike tyd Maandag, in hegtenis geneem is.

Die dagblad,Bild het berig dat Albakr hom in die Leipzig gevangenishospitaal aan ’n T-hemp opgehang het.

Daar word nou gedebatteer oor hoe djihadiste, veral diegene wat daarvan verdink word dat hulle aanvalle beplan of uitgevoer het, in aanhouding gemoniteer moet word.

Die owerheid is angstig om enige ontsnappingspogings, maar ook selfmoorde, te voorkom omdat verdagtes oor ’n myn van inligting oor djihadiste se modus operandi kan beskik.

In Albakr se geval het die wagte die verdagte al om die uur gemonitor en nie deurgaans nie, hetBild berig.

Duitsland se intelligensiehoof, Hans-Georg Maassen, sê hulle het inligting ontvang dat Albakr aanvanklik treine in Duitsland wou teiken, maar later op een van Berlyn se lughawens besluit het.

-Nampa/Reuters/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!