Vermeende brandstigter gaan glo skuld ontken

Die verdagte se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla, is ook een van die EFF se regsverteenwoordigers.
Ané van Zyl en Marelize Barnard – Die vermeende brandstigter wat na bewering Sondag die Suid-Afrikaanse parlementsgebou se brand veroorsaak het, mnr. Andile Christmas Mafe (49), het gister in die Kaapstadse landdroshof verskyn. Die saak is tot 11 Januarie uitgestel.

Die staatsaanklaers adv. Adnaan Gelderbloem en adv. Helene Booysen het borgtog teengestaan en aansoek gedoen dat die saak vir verdere ondersoek uitgestel word.

Landdros Zamekile Mbalo het die uitstel toegestaan.

Volgens die klagstaat word Mafe daarvan aangekla dat hy houers met vloeibare plofstof in die parlementêre kompleks geplaas en met opset laat afgaan het met die doel om skade aan te rig of die parlementêre gebou te vernietig.

Volgens Mafe se regsverteenwoordiger, Luvuyo Godla, sal sy kliënt onskuldig pleit.

EFF-VERTEENWOORDIGER

Gister is ook bekendgemaak dat Godla tevore gereeld as ’n regsverteenwoordiger vir die Economic Freedom Fighters (EFF) opgetree het. Hy wou egter nie bevestig hoe dit gebeur het dat hy Mafe se verteenwoordiger is nie, maar het wel ontken dat die EFF hom betaal óf enigsins by die saak betrokke is.

Godla het buite die hof volgehou hy kry nie op die oomblik geld vir sy dienste nie.

Mafe staan tereg op aanklagte van brandstigting en huisbraak.

Volgens Godla het Mafe niks in sy besit gehad toe hy in hegtenis geneem is nie.

Volgens die klagstaat het Mafe skootrekenaars, dokumente en kombuisware in sy besit gehad.

Godla sê sy kliënt is nie haweloos nie; hy is van Mahikeng.

’n Brand-ondersoeker is aangestel om die brand te ondersoek en sal saam met die Kaapstad-metro se brandweer werk.

Amos Masondo, voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, het gister gesê mense moet waak teen bespiegelings en dat voldoende geleentheid gegee moet word sodat die ondersoek sy verloop kan neem.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 29° Rundu: 20° | 27° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 21° | 29° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 22° | 29° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 20° | 29° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 19° | 23° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!