Vermeende dief doodgeslaan
Vermeende dief doodgeslaan

Vermeende dief doodgeslaan

Sanet de Waal
Tuyeimo Haidulu op Oshakati



Die polisie in die Oshanastreek het mense gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie.

Dit volg ná ‘n voorval van boendoereg waartydens ‘n vermeende inbreker deur mense met takke en vuurmaakhout doodgeslaan is.

Wyle mnr. Shuuveni Justus Elago (36) is Maandagaand tussen 21:00 en 22:00 saam met twee ander mans betrap toe hulle na bewering in die Othingo-nedersetting naby Oshakati in iemand se huis ingebreek het.

Volgens insp. Thomas Aiyambo het Elago tydens die aanranding glo beken waar die gesteelde goedere versteek is.

Die ander twee verdagtes het uit die kwaai inwoners se kloue ontsnap en is voortvlugtend. Hulle het in ‘n voertuig weggejaag wat naby die geteikende woning geparkeer was.

Aiyambo het die publiek versoek om altyd misdaad formeel aan te meld. Hy het gesê daar sal nie genade vir sulke geweldenaars wees nie.

“Ons het noodnommers wat mense kan skakel vir vinnige reaksie,” het Aiyambo bygevoeg. “Die Namibiese Grondwet beskerm almal se menseregte, selfs beweerde misdadigers.

“Niemand het die reg om iemand se lewe te neem nie,” het die polisieman gesê. “Net die howe kan oordeel of hul skuldig is en hulle sal dienooreenkomstig gestraf word.”

Speurders ondersoek ‘n saak van moord en probeer volgens Aiyambo vasstel wie aan die aanranding deelgeneem het en wie die hoofverdagtes is.

Die inbrekers se buit was ‘n dubbelbed, gasstoof, gasbottel en ‘n kragopwekker. Alles is teruggevind en die goedere se gesamentlike waarde is ‘n geskatte N$21 800.

Aiyambo het die publiek versoek om te help om die ander twee inbrekers aan te keer. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!