Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap
Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap

Vermeende ivoorskelms op heterdaad betrap

Twee mans het Maandag in die hof verskyn ná hulle glo ivoor aan die polisie probeer verkoop het.
Leandrea Louw
Leandrea Louw op Walvisbaai – Geheime polisie het twee mans Saterdag op heterdaad betrap toe hulle glo twee olifanttande van die hand probeer sit het.

Geen borgtog is Maandag aan mnre. Dirk Vermeulen (51) and Edgar Clark (41) toegestaan ná hulle die tande na bewering aan polisiebeamptes probeer verkwansel het nie.

Die waarde van die olifanttande is nog nie bekend nie.

Die twee is aangekla van die besit van beheerde wildprodukte en die dryf van handel daarin.

Die klagte is ’n oortreding van die wet op beheerde wildprodukte.

Clark en Vermeulen is Saterdag omstreeks 16:00 by die Gracemere-woonstelle in Fairways, Walvisbaai, in hegtenis geneem.

Hulle het Maandag vlugtig voor landdros John Sindano in die landdroshof op Walvisbaai verskyn en bly in aanhouding.

Die staatsaanklaer mnr. Tuihaleni Hilikuete het borgtog, gegewe die erns van die oortreding, teengestaan.

“’n Klag soos dié gaan met ’n boete van N$200 000 of 20 jaar tronkstraf gepaard,” het hy gesê.

Die beskuldigdes word deur regsverteenwoordigers van die Eugene Thomas-praktyk verteenwoordig.

Die saak is vir verdere ondersoek tot 19 September uitgestel, ook sodat die beskuldigdes hul aansoek om borgtog kan voorberei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!