Vermeende Karibib-rassis verlaat e-wêreld
Die aanklaer-generaal sal na verwagting eersdaags die lot bepaal van ’n vrou wat haar midde-in ’n rasseherrie met die staatshoof bevind.
Denver Kisting – ’n Inwoner van Karibib in die Erongostreek (52), wat glo verlede week gedreig het om vir pres. Hage Geingob af te maai en hom beswadder het, het gisteroggend die Facebook-tuig neergelê.
Sy het by navraag aan Republikein gesê sy het besluit om haar rekening op dié sosialemediaplatform te sluit.
By nadere ondersoek het dit geblyk daar bestaan nog ’n ander Facebook-rekening onder haar naam. Volgens dié profiel word die rekening net gebruik wanneer ’n ander een geblok is.
Sy het onderneem om kommentaar te lewer op die rassestorm wat verlede week om haar kop losgebars het.
Gistermiddag het sy in 'n telefoniese onderhoud gesê: "Ek het ‘obviously’ daai aand gedrink en ek het 'n ‘complete explosion’ gehad. Ek is nie 'n rassis nie. Ek is met 'n anderskleurige getroud." Sy gee toe haar aanlyn aanmerking "was vieslik. Ek sou dit nooit gedoen het as ek nugter was nie." Die vrou sê sy "is bitter, bitter jammer" teenoor Geingob, haar familie en die land. Volgens haar was sy woedend omdat Namibië "ná 30 jaar in 'n slegter kondisie is as wat hy was".
Drie strafregtelike klagte
Dit het Vrydag aan die lig gekom drie strafregtelike klagte staar die vrou in die gesig nadat sy glo onder meer gedreig het om vir pres. Geingob te skiet.
Naas aanranding deur dreigement moet dié vrou waarskynlik pa staan vir ’n klag van rassediskriminasie en een van crimen injuria.
In ’n kommentaar op ’n plasing in die sosiale media onder die profielnaam “Sonja Isaaks” verwys die persoon in krutaal na die president.
Dít kom nadat die persoon wat die aanvanklike plasing op Facebook gemaak het, skynbaar wou weet of pres. Geingob op daardie betrokke dag die land sou toespreek – na verwagting oor die regering se maatreëls om die verspreiding van die Covid-19-pandemie hok te slaan.
Adj.komm. Kauna Shikwambi, die nasionale polisiewoordvoerder, het Vrydag by navraag bevestig klagte is by die Karibib-polisiekantoor aanhangig gemaak.
Volgens Shikwambi is die identiteit van die verdagte aan die polisie bekend, maar is sy nog nie in hegtenis geneem nie.
“Ná die voltooiing van die ondersoek sal die dossier na die kantoor van die aanklaer-generaal gestuur word vir ’n beslissing.”
Die woordvoerder sê die polisieondersoek duur voort.
’n Gesaghebbende bron vertroud met die saak het op voorwaarde van anonimiteit gesê: “Hierdie is ’n gevaarlike neiging wat besig is om pos te vat, en indien dit nie aangespreek word nie, kan dit buite beheer raak.”
Op dieselfde profiel het die persoon sedertdien aangevoer sy is geen rassis nie, was ten tye van die plasing onder die invloed van drank en is ’n psigiatriese pasiënt.
Intussen doen sy ’n beroep op Geingob om haar te vergewe en om ’n vergadering met haar te belê. “Ek bid vir bietjie private gehaltetyd met ons staatshoof, ’n paar ministers sou dit nodig wees, die polisiehoof indien nodig en eerste dame Monica (Geingos). Net omdat ek wit is en daardie aaklige wêreldbekende kommentaar gemaak het, beteken dit nie ek haat of is teen die president nie, en ek wil net weer hier vra: Hage, my broer, vergewe my asseblief, asseblief, en ontmoet my asseblief. Jy sál my vergewe en van my hou.”
Dié nuus kom te midde van ’n Walvisbaaise onderwyser, me. Corien Steenkamp, wat Vrydag ontslaan is nadat ook sy na bewering rassistiese aanmerkings in die sosiale media gemaak het.
Sy word eweneens deur strafregtelike klagte in die gesig gestaar. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie