Vermeende kinderhandelaar na hoërhof
Jessica Botes - Byna twee jaar ná die vonnisoplegging van sy medebeskuldigde in een van Namibië se eerste skuldigbevindings aan kinderhandel vir seksuele uitbuiting, het mnr. Marthinus Pretorius sy eerste hofverskyning gemaak.
Dié Suid-Afrikaanse burger word daarvan beskuldig dat hy in 2012 drie minderjarige meisies in sy huis op Swakopmund verkrag en gemartel het, en handel met hulle gedryf het.
Hy het 19 klagte teen hom wat insluit verkragting, mensehandel en aanranding, gelees saam met die bepalinge van die wet op die voorkoming van huishoudelike geweld.
Sy medebeskuldigde, Johanna Lukas (24), is in Augustus 2015 deur regterpresident Petrus Damaseb in die hoërhof tot 13 jaar tronkstraf gevonnis op klagte van mensehandel en verkragting.
Lukas het in 2012 vier minderjarige meisies aan Pretorius verkoop.
Die 46-jarige Pretorius is verlede week aan Namibië uitgelewer en het die afgelope Vrydag in die landdroshof op Swakopmund verskyn.
Hy het na bewering kort ná Lukas se inhegtenisneming na Suid-Afrika gevlug en sedertdien daar weggekruip.
Tydens sy verskyning Vrydag het landdros Conchita Olivier die saak onmiddellik na die hoërhof oorgeplaas.
Die staatsaanklaer, me. Faith Chipepera-Nyaungwa, het gesê die staat staan borgtog aan die beskuldigde teen op grond daarvan dat dit nie in openbare belang sal wees nie.
Chipepera-Nyaungwa het verder aangevoer dit is 'n ernstige saak, die staat het 'n sterk saak teen die beskuldigde en die beskuldigde is 'n vlugrisiko.
Olivier het nie borgtog aan die beskuldigde toegestaan nie en het hom verder ingelig van sy reg om vir regshulp aansoek te doen.
Pretorius sal op 23 Januarie 2018 sy eerste verskyning in die hoërhof in Windhoek maak.
Lukas is in Junie 2015 skuldig bevind op vyf aanklagte van mensehandel, in stryd met die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad, asook op vyf verkragtingsklagte.
Dít nadat Damaseb bevind het sy het twee minderjarige meisies op Swakopmund in April, Mei en Junie 2012 vir Pretorius se seksuele misbruik gekry.
Die twee meisies wat 13 en 14 was toe Pretorius seks met hulle gehad het, het tydens Lukas se verhoor getuig Pretorius het vir hulle geld gegee om seks met hulle te hê, en dat hulle van dié geld vir Lukas gegee het.
Onderskrif: Die vermeende kinderverkragter en -handelaar, mnr. Marthinus Pretorius, het Vrydag sy eerste verskyning in die landdroshof op Swakopmund gemaak. Foto Jessica Botes

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie