Vermeende kindermoordenaar eis N3,5 miljoen
’n Man wat glo sy twee kinders se kele afgesny het, dagvaar die staat nadat hy sy sig in die tronk verloor het.
Jacqueline Louw – Die voormalige sekuriteitswag Jonas Shinana (33) wat tereg staan op die moord van sy kinders - Matheus Shinana (6) en Emilia Naatye Shinana (3) - het ’n eis vir skadevergoeding teen die minister van veiligheid en sekuriteit en die kommissaris-generaal van korrektiewe dienste ingestel.
Shinana eis N$2 miljoen vir die verlies van sy sig, N$1 miljoen vir verlies aan lewensgenietinge, N$100 000 vir post traumatiese stres en N$400 000 vir algemene en/of grondwetlike skade weens die onregmatige stroping van sy waardigheid.
Shinana voer aan dat hy in Augustus 2014 met tuberkulose in die gevangenis gediagnoseer is en medikasie daarvoor ontvang het. Aan die begin van 2015 het hy aan die mediese personeel van die Windhoek korrektiewe fasiliteit gesê dat hy probleme met sy sig het, maar hulle het gesê dat hy voorgee.
In Maart 2015 is Shinana deur ’n mediese praktisyn in die Katutura-staatshospitaal ondersoek wat hom na die oogkliniek by die Windhoek Sentrale Hospitaal verwys het. ’n Verwysingsvorm deur die mediese praktisyn, wat by die hof ingedien is, toon dat Shinana aan erge optiese disfunksie gely het wat tot blindheid kan lei. ’n Nota van die dokter op die vorm lui: “Die pasiënt moet nie gesê word hy gee voor nie totdat hy byna blind is nie.”
Omtrent ’n jaar later het die distriksgeneesheer by die sentrale hospitaal Shinana blind verklaar.
Shinana het skuld ontken op beide klagte van moord op sy twee kinders aan die begin van sy verhoor voor regter Nate Ndauendapo in Februarie 2014.
Die staat beweer Shinana het sy kinders in Wanaheda, Windhoek, tussen die aand van 23 Desember 2009 en die volgende oggend vermoor en daarna selfmoord probeer pleeg. Die kinders se liggame is op 24 Desember in sy huis ontdek. Hul kele was afgesny.
Shinana se prokureur, mnr. Bradley Basson, het aan die hof gesê sy kliënt beweer die kinders is vermoor deur ’n onbekende persoon wat die huis binnegekom het. Shinana is glo met ’n tou gewurg, het sy bewussyn verloor en eers later in die hospitaal bygekom.
Ndauendapo sal op 29 September uitspraak gelewer.
Intussen is Shinana se saak teen die staat tot 19 September uitgestel vir hom om ’n derde verweerder tot die geding te voeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie