Vermeende kindermoordenaar op borgtog vrygelaat
Die vermeende kindermoordenaar me. Kristofina Amutenya, is vandag vrygelaat nadat die staat hul saak vanmiddag in die Windhoek landdroshof terug getrek het. Volgens haar regsverteenwoordiger, mnr. Kadhila Amoomo, het die staat onreëlmatighede in die inhegtenisname en aanhouding van Amutenya direk ná haar aankoms uit Ethiopië erken.
"My klient is nie in hegtenis nie, sy is vrygelaat. Hulle sal haar moontlik weer arresteer, mits hulle sekere dokumente in orde kan kry. Ons is egter gereed daarvoor en om met hulle saam te werk," het Amoomo gesê.
Volgens hom is een doel van die moontlik tydelike grasie om Amutenya die kans te gun om haar familie te sien.
“Sy was maande in Ethiopië aangehou."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie