Vermeende kindermoordenaar se verhoor uitgestel
Vermeende kindermoordenaar se verhoor uitgestel

Vermeende kindermoordenaar se verhoor uitgestel

Jacqueline Louw
Mnr. Jonas Penovanhu Shinana (30), ’n verdagte kindermoordenaar, se verhoor sal op 25 Julie voor regter Nate Ndauendapo hervat word.
Shinana word daarvan aangekla dat hy sy twee minderjarige kinders in Desember 2009 vermoor het.
Die moordverhoor is gister ingevolge ’n ooreenkoms tussen Shinana se prokureur, mnr. Bradley Basson, en die staat se verteenwoordiger, adv. Palmer Khumalo, uitgestel.
Shinana staan tereg op twee klagte van moord kragtens die bepalings van die wet op die bekamping van huishoudelike geweld.
Die beskuldigde, ’n voormalige sekuriteitswag wat in Windhoek werksaam was, het na bewering sy biologiese kinders, die sesjarige Matheus en vierjarige Emilia Naatye Shinana, tussen 23 en 24 Desember 2009 by hul huis in Merseystraat in Windhoek se Wanaheda-woonbuurt vermoor deur hul kele met ’n mes af te sny. Hulle het op die toneel aan hul wonde beswyk. Shinana het daarna glo misluk in ’n poging om sy eie lewe te neem.
Hy is sedert Desember 2009 in aanhouding in die Windhoek Gevangenis, met geen moontlikheid om aansoek om borgtog te doen nie. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!