Vermeende kinderverkragter bly agter tralies
Vermeende kinderverkragter bly agter tralies

Vermeende kinderverkragter bly agter tralies

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die vermeende verkragter van 'n 8-jarige meisie, mnr. Gaven Gawanab (sic), is ná middernag vanoggend in die Havana-woonbuurt in die hoofstad deur die Namibiese polisie in hegtenis geneem.

Hy het vanoggend in die Katutura-landdroshof op 'n ander klagte van verkragting verskyn.

Daar is nóg verskeie klagte, soos onder meer verkragting, poging tot verkragting, aanranding, aanranding wat verband hou met geslagsgeweld en huisbraak, hangende teen hom.

Die beskuldigde was op al hierdie klagte op borgtog vrygelaat, maar sy borgtog is vanoggend deur landdros Johannes Shuuveni teruggetrek en hy bly in aanhouding.

Foto Francoise Steynberg

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer