Vermeende kokau00efensmokkelaars se verhoor weer uitgestel
Vermeende kokau00efensmokkelaars se verhoor weer uitgestel

Vermeende kokaïensmokkelaars se verhoor weer uitgestel

Ronelle Rademeyer
Die saak waarin mnre. Grant Noble en Dinath Azhar van Walvisbaai daarvan beskuldig word dat hulle verlede jaar na bewering probeer het om N$206 miljoen se kokaïen deur dié hawe te smokkel, is weer uitgestel.
Hulle het Woensdag in die landdroshof op Walvisbaai verskyn waar die staatsaanklaer, me. Maggy Shiyagaya-Lotto, gevra het die saak moet tot 31 Oktober vanjaar uitgestel word in afwagting van ‘n verklaring vanaf 'n hof in Brasilië. Die dwelms is na bewering van daar afkomstig.
Verder is ‘n selfoon met inligting na Israel vir ontleding gestuur, het sy aan die hof gesê.
Noble (36) en Azhar (62) is in Junie verlede jaar in hegtenis geneem toe hulle die vraghouer met bokse vol “skryfbehoeftes” waarin die 412 kg kokaïen versteek was, in ontvangs wou neem.
Hulle kon nie daarin slaag om borgtog te kry nie en bly in aanhouding.


Mnr. Jan Wessels en sy kliënt, mnr. Grant Noble, in gesprek by die hof. Foto Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer