Vermeende meesterbrein van kapana-sindikaat vasgetrek

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Kommunale en kommersiële boere van wie honderde beeste die afgelope maande deur 'n vermeende veediefstalsindikaat gesteel is wat glo die vleis aan veral die kapanamark in Windhoek lewer, vergader tans met 'n hoëvlak afvaardiging van die polisie en streeksregering by Epukiro, Pos 3.
Mnr. Gunner Riedel, by wie 24 beeste gesteel is, sê die vergadering volg nadat die gemeenskap van Epukiro op 30 April 'n brief aan die polisiehoof, lt.gen. Sebastian Ndeitunga, gestuur het om oor die laksheid en ongeneëndheid van die polisie op Epukiro om teen hierdie veediewe op te tree, te kla.
Volgens Riedel woon Ndeitunga saam met die hoof van die polisie in die Omahekestreek, komm. Andreas Haingura, asook die goewerneur van Omaheke, mnr. Pijoo Nganate, die vergadering by.
Intussen is beeste wat op die plaas van die vermeende meesterbrein van die sindikaat gevind is, in 'n kraal by die direktoraat veeartsenydienste se kantoor op Epukiro gejaag om te bepaal of dit inderdaag sy beeste is.
Die blyk mnr. Sylvanus Katjiutua, ook bekend as Karukukutu, het homself op 23 April aan die polisie oorgegee nadat die net al nouer om hom begin span het en hy gevrees het die gemeenskap sal reg in eie hande neem. Riedel sê ten minste 18 sake is teen hom hangende. Hy word na bewering keer op keer op borgtog vrygelaat.
Lees die volledige berig môre in Republikein.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!