Vermeende moordenaar se pa gee polisie wenk

Die verhoor van twee mans wat tereg staan op die moord van 'n vrou in Swakopmund bykans 12 jaar gelede, het hierdie week weer 'n aanvang geneem.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw



Sers. Jeffrey Urib het Dinsdag in die verhoor van mnr. Kinsley Dausab (45) en sy medebeskuldigde, Michael Tsowaseb (42), in die hoërhof in Windhoek getuig.

Volgens hom het Tsowaseb se pa in Februarie 2006 in verbinding met hom getree en hom meegedeel dat sy seun en Dausab 'n vrou in Swakopmund vermoor het.

Tydens hul ontmoeting het die pa glo vir Urib vertel van 'n plek agter 'n skool waar die moord plaasgevind het en ook van 'n klip wat gebruik is om die oorledene te vermoor.

Urib het ook getuig dat Tsowaseb emosioneel was en tydens ondervraging deur die polisie gehuil het.

Mnr. Mese Tjituri, Tsowaseb se regsverteenwoordiger, het gedurende kruisondervraging vir Urib gevra of hy bewus daarvan was dat Tsowaseb tydens sy ondervraging met 'n vuurwapen deur polisiebeamptes geïntimideer is, wat Urib ontken het.

Tjituri het ook aangevoer sy kliënt is nooit volgens korrekte polisie­prosedure in hegtenis geneem nie.

Dausab en Tsowaseb se verhoor het ná verskeie vertragings, onder meer weens Dausab se afwesigheid vir die verhoor in 2014 en probleme met regsverteenwoordiging, hierdie week weer in die hoërhof voor regter Nate Ndauendapo begin.

Die twee staan tereg op klagte van moord, verkragting, die skending van 'n menslike liggaam en diefstal.

Die staat beweer hulle het die 34 jaar oue me. Menesia Owoses gedurende die nag van 3 tot 4 September 2005 op pad na Club New Edition verkrag en vermoor.

Volgens die staat is Owoses verwurg en is haar liggaam daarna geskend toe 'n gebreekte bottel, 'n klip of ander voorwerp gebruik is om haar nek, gesig en geslagsorgane te sny en te steek.

In die klagstaat word aangedui die twee het Menesia se liggaam gesodomiseer en het gepoog om seksuele omgang daarmee te hê of dat hulle die daad gepleeg het.

Volgens die klagstaat het Dausab en Tsowaseb dieselfde nag 'n muurhorlosie van ene Ingrith Noabes gesteel.

Dausab word deur die prokureur mnr. Braam Cupido verteenwoordig terwyl advokaat Erick Moyo namens die staat optree.

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!