Vermeende moordenaars borgtog geweier
Landdros Melissa Mungunda het die verhoor van die drie mans wat teregstaan vir die moorde Vrydagnag op die Botma-egpaar van Koës, uitgestel tot 23 April vanjaar en gelas dat hulle in aanhouding bly.
Die beskuldigdes, mnre. Julius Frederick Arndt (40), Andries Afrikaner (37) en Johannes Christian (36), is onder streng polisiebewaking by die hof aangebring. ‘n Groot groep mense uit die landbougemeenskap het in soldariteit met die Botha-familie die verrigtinge bygewoon, asook om vreedsaam hul weersin in dié tipe misdade te toon.
Mnr. Giel Botha (79) en sy 80-jarige vrou, Sarie, is op hul plaas Lindeshof aangeval – hy is geskiet en sy is met ‘n skerp voorwerp aangeval en ook gewurg.
Benewens die twee klagte van moord, staan die mans ook tereg op klagte van huisbraak met die opset om te steel en die diefstal van hul bakkie en ‘n vuurwapen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie