Vermeende MultiChoice-bedrieërs in hof
Die drie mense wat deur MultiChoice van meer as N$2 miljoen se bedrog beskuldig word, het vandeesweek weer voor die hof verskyn.
Me. Manga Nawa-Mukena, mnr. Celestino Gabriel Antonio en mnr. Joseph Mukena het vandag voor regter Christie Liebenberg verskyn.
Hul saak is tot 26 September uitgestel.
Antonio en Nawa-Mukena word van bedrog en die beweerde vervalsing van 80 fakture tussen 2013 en Maart 2017 aangekla.
Die twee beskuldigdes het die fakture vir advertensies in Kundana na bewering vervals, terwyl hulle glo bewus daarvan was dat die koerant nie advertensiedienste aan MultiChoice Namibia verskaf het nie.
Verder word beweer die twee het hul eie bankrekeningnommers vir betaling verskaf.
Nawa-Mukena en Antonio is op borgtog van onderskeidelik N$50 000 en N$25 000 vrygelaat.
Mukena, wat eers op 18 Mei vanjaar formeel by die bedrogsaak betrek is, het met 'n waarskuwing weggestap. - Nampa
Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie