Vermeende olifantstroper doodgeskiet
Vermeende olifantstroper doodgeskiet

Vermeende olifantstroper doodgeskiet

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - 'n Vermeende olifantstroper is Saterdag in die Bwabwata Nasionale Park doodgeskiet en sy makkers het in hul vlugtog glo olifanttande, gewere en kapmesse laat val.

Die hoof van die Namibiese polisie se skakelafdeling, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval gister aan Republikein bevestig.

Die oorledene was een van meer as vyf vermeende stropers wat moontlik vanaf Botswana in Bwabwata in die noordooste van die land ingekom het.

Die groep vermeende stropers het na bewering op die polisie begin skiet toe hulle gewaar is en het daarna in die rigting van Angola op die vlug geslaan.

"Een van die vermeende stropers is tydens die oor-een-weer-skietery doodgeskiet en sy makkers het van die toneel gevlug. In hul vlugtog het hulle agt olifanttande, twee gewere en kapmesse laat val," het Kanguatjivi gesê.

Hy het gesê die oorledene kan nog nie geïdentifiseer word nie, want hy het geen identiteitsdokumente by hom gehad nie.

"Ons kan steeds nie bepaal waar die groep vandaan kom nie, want ons het geen bewyse of hulle van Namibië, Botswana of Angola af is nie. Daarom duur die polisieondersoek voort."

Botswana se weermag is ook oor die voorval ingelig.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!