Vermeende pedofiel terug in hof
Mnr. Johann Maree (50) beweer hy het onder dwang 'n verklaring afgelê waarin hy homself inkrimineer.
Kristien Kruger – Mnr. Johan Maree, wat van die verkragting van minderjarige seuns en die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie beskuldig word, se formele borgtogaansoek het gister in die Windhoekse landdroshof hervat.
Lede van die publiek en ouers van die slagoffers het buite die hof met plakkate gestaan waarop onder meer “No bail 4 child rapist” geskryf was.
Die staat het komm. Nelius Becker as getuie geroep. Becker was in 2019 die hoof van die polisie se afdeling gemoeid met ernstige misdade (CID) en het die ondersoek na Maree se oortredings van stapel gestuur.
‘BEKENTENIS’
Maree het tydens die eerste dag van sy borgtogaansoek op 23 Augustus gesê hy is gedwing om die bekentenis – wat die staatsaanklaer, mnr. Like Phelem, in die landdroshof voorgelees het – af te lê.
Hy het gister beweer inspekteur Lodewyk van Graan het hom belowe as hy skuld beken dat hy die misdade gepleeg het, hy sal seker maak Maree word op borgtog vrygelaat en dat die families van die slagoffers nie by die verhoor betrek sal word nie.
Hy het verder beweer hy is geslaan en is gedwing om die bekentenis af te lê.
“Van Graan het vir my ’n lys gegee van goed wat ek moet sê. Hy het gepraat en ek het dit neergeskryf,” het Maree gister onder eed gesê.
Hoewel Becker in sy getuienis dié aantygings ontken het, was Van Graan nie in die hof om te getuig nie.
BECKER SE GETUIENIS
Volgens Becker het hy inligting van die polisie in Nederland ontvang dat ’n Namibiese burger betrokke is by die verspreiding van pornografie.
’n Polisiebeampte van Queensland, Australië, mnr. Scott Anderson, kon later Maree koppel aan ’n IP-adres en handelnaam wat op die donker web gebruik is om foto’s en video’s aan mense te verskaf.
Anderson het daarin geslaag om beeldmateriaal van die donker web af te laai en het dit glo vir Becker gestuur.
Een van die video’s was van minderjarige seuns in die ablusiegeriewe by die openbare swembad in Olympia. Die video was met ’n verskuilde kamera geneem en die kinders was nie bewus dat hulle afgeneem word nie.
In een van die ander video’s het die seuns, volgens Becker, skoolklere aangehad en kon die skoolwapens geïdentifiseer word.
Becker het ’n ondersoekspan saamgestel wat sommige van die seuns opgespoor het en verklarings is in die teenwoordigheid van maatskaplike werkers afgelê.
Volgens Becker was die seuns onbewus daarvan dat hulle afgeneem word en het nie toestemming gegee vir die beeldmateriaal om versprei te word nie.
Die ondersoekspan het ’n lasbrief gekry om Maree se woonstel te deursoek. Hulle het op verskeie seksspeelgoed, -speletjies, dildo’s, kondome en smeermiddels beslag gelê. Maree se rekenaar en hardeskyf is gekonfiskeer en pornografie van jong seuns is daarop gevind.
GEËNKRIPTEERDE E-POSSE
“Ons het tydens die ondersoek besef dat Maree ’n ‘proton’-e-pos gebruik. Dis ’n hoogs geënkripteerde e-pos diensteverskaffer van Switserland.
“Alle boodskappe het gebruiker-tot-gebruiker-enkripsie. Met ander woorde, slegs die gebruiker kan die boodskappe lees en nie eens die polisie kan die boodskappe onderskep en lees nie,” het Becker getuig.
Die e-posse is as bewysstukke in die dossier aangesien Becker vanaf Maree se selfoon toegang daartoe kon verkry.
Volgens Becker het Maree self vir hom die wagwoord gegee. Maree het dit egter by monde van sy prokureur, me. Eva Nangolo, ontken.
Maree het glo hierdie e-posadres gebruik om met verskeie mense te kommunikeer.
“Maree het foto’s aan hulle verkoop en gevra wat hul voorkeure is. In die e-posse praat hulle van betaling in Bitcoin,” het Becker getuig.
Becker het gedeeltes uit die e-posse voorgelees. “Hy sal enige iets doen teen die regte prys,” het Maree na bewering vir een korrespondent gesê. Die seuns se regte name is ook in die e-posse genoem.
KRUISVERHOOR
Nangolo het tydens kruisverhoor vir Becker gevra oor die omstandighede waarin die minderjarige seuns se verklarings afgelê is.
“Jy het na die kinders toe gegaan. Hulle het nie na jou toe gekom nie. Dis ook nie hulle idees in daardie verklarings nie,” het Nangolo beweer. Becker het dit ontken.
Nangolo het verder beweer enige van die kinders wat by Maree se huis gekuier het, het toegang tot die rekenaar gehad en kon die beeldmateriaal versprei.
“’n Kind van 12- of 13-jarige ouderdom sal nie die donker web kan gebruik nie. Mens gebruik nie ’n gewone webblad nie en ’n lang wagwoord is nodig om toegang te verkry,” het Becker geantwoord.
Maree se formele aansoek om borgtog sal môre voortduur.
– [email protected]
FOTO’s
Mnr. Johan Maree tydens sy borgtogaansoek gister in die Windhoekse landdroshof. Foto Kristien Kruger
Lede van die publiek en ouers van die slagoffers buite die Windhoekse landdroshof terwyl Maree se borgtogaansoek gister plaasgevind het. Foto Kristien Kruger

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie