Vermeende reeksverkragter weer borgtog geweier
Die vermeende kinder- en reeksverkragter mnr. Gewen Gawanab (20) het Dinsdag in die Windhoekse landdroshof in Katutura vir borgtog aansoek gedoen, wat deur landdros Atutala Shikalepo geweier is.
Die landdros het die saak tot 12 Maart 2019 vir verdere polisieondersoek uitgestel, asook vir die beskuldigde om vir regshulp aansoek te doen.
Gawanab is in aanhouding in verband met die verkragting van 'n negejarige meisie in Oktober in Otjomuise, asook in verband met nege ander sake teen hom, wat hangend is en vier verkragtingsklagte insluit.
Shikalepo het aangedui die beskuldigde kan nie op borgtog vrygelaat word nie, weens die erns van die klagte teen hom, omdat hy 'n gevaar vir die samelewing is, en omdat dit nie in die belang van geregtigheid sal wees nie.
Daar word ook gevrees hy sal met die hangende sake inmeng, het die landdros bygevoeg.
Die beskuldigde het aanvanklik aangedui hy gaan nie vir regshulp aansoek doen nie en sal sy eie verdediging waarneem, maar het later tydens sy verskyning Dinsdag van plan verander.
"Jy staar ernstige klagte in die gesig en regshulp sal in jou beste belang wees," het die landdros gewaarsku.
Gawanab het op 5 Desember ook op 'n ander verkragtingsklag in die hof verskyn en die saak is vir bykomende instruksie van die kantoor van die prokureur-generaal uitgestel.
Hy is op 29 Oktober in 'n sinkhuis in Otjomuise in hegtenis geneem nadat hy ná die vermeende verkragting op die vlug geslaan het. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie