Vermeende renosterstropers se borgtog toegestaan
Ondanks optogte en petisies van die Outjo-gemeenskap is ses vermeende renosterstropers vanoggend in die landdroshof op borgtog van N$10 000 elk vrygelaat.
Die vyf beskuldigdes is mnre. Simon Petrus Mbanzi (37), Immanuel Haingura (42), Christopher Kanonga (37), Joseph Kativa Ndumba (44) en die 28-jarige Abel Dumeni wat daarvan beskuldig word dat hulle op 27 Mei by 'n renosterbul by 'n luukse lodge suidwes van die Etoshan Nasionale Park gestroop het.
'n Sesde beskuldigde, mnr. Rukeeveni Nguronda, is eers Vrydag in hegtenis geneem en het Maandag sy eerste verskyning in die Outjo-landdroshof gemaak.
Ten spyte van staatsaanklaer Johannes Kalipi se heftige teenkanting dat die beskuldigdes op borgtog vrygelaat word, het landdros Peingondjabi Shipo borgtog toegestaan en die saak tot 7 Augustus vir verdere ondersoek uitgestel.
Op die foto van Nampa is vyf van die beskuldigdes in die Outjo-landdroshof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie