Vermeende roofbende kry nie borgtog
Die ses mans wat daarvan beskuldig word dat hulle 'n vrou van N$600 000 beroof het, is Maandag in die Katutura-landdroshof borgtog geweier.
Die vermeende rowers is mnre. Jafet Ekandjo (40), Johannes Kambonde (28), Simeon Nangolo (28), Nghilivali Johannes (28), Laurentius Iipinge (30) en Nehale Gabriel (31).
Hulle het ‘n eerste verskyning voor landdros Bernadine Kubersky gemaak op klagte van gewapende roof en aanranding op me. Genevieve Mireille.
Na bewering het hulle haar op 13 Februarie met 'n vuurwapen naby die Bank Windhoek-tak in Katutura beroof. Die eerste verdagte, Ekandjo, is nie deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan nie, maar het aan die hof gesê hy verstaan die klagte en sy wetlike regte. Hy sal by die staat aansoek doen om regsverteenwoordiging. Sy saak is tot 27 April uitgestel.
Kambonde, Nangolo en Gabriel is verteenwoordig deur mnr. Mbushandje Ntinda, terwyl mnr. Kadhila Amoomo vir Johannes en Iipinge verskyn het. Hulle het die hof in kennis gestel hulle sal 'n formele borgtogaansoek doen tydens hul volgende hofverskyning op 2 Maart. Die staatsaanklaer, mnr. Arrie Husselmann, het hul aansoek aanvaar. Al ses bly in polisie-aanhouding by verskillende polisiekantore in die hoofstad.
Toe hulle vasgetrek is, is 'n swart sedanvoertuig sonder nommerplate wat na bewering gebruik is om mee te vlug en N$80 000 kontant in hul besit gevind.
Volgens 'n polisieverslag wat Sondag vrygestel is, het die voorval verlede Maandag tussen 14:00 en 15:00 by die Pick n Pay-gebouekompleks in Katutura plaasgevind.
Na bewering was twee werknemers van die Puma-diensstasie in Evelynstraat in Green Well Matongo, 'n man en 'n vrou, op pad Bank Windhoek toe. Hulle was van plan om geld in te betaal en is nie van enige veiligheidswagte vergesel nie. Die vrou is oorval en beroof. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie