Vermeende rower gewond ná rowers Agra-geld buit
Die polisie in die Otjozondjupastreek doen 'n beroep op hospitale en klinieke op Okahandja en omtrekke om die polisie in kennis te stel indien 'n man met 'n skietwond hom by ongevalle aanmeld.
Dit volg nadat 'n gewapende roof omstreeks 07:30 Maandagoggend by Agra op dié dorp plaasgevind het. 'n Veiligheidswag wat sy daaglikse pligte uitgevoer en kontant na die hooftak geneem het, is deur vyf gewapende rowers in 'n lokval gelei en oorval. Hulle het met 'n sak waarin N$49 000 kontant is, in 'n silwer Golf GTi gespring en van die toneel gevlug. Een van die verdagtes is tydens die rooftog gewond.
Een van die werknemers by Agra wat anoniem wil bly, sê die rowers moes inligting ontvang het oor dié daaglikse aktiwiteit. “Die wag was soos gewoonlik te voet van die depot na die hooftak onder toe hy aangeval is. Die wag het beserings opgedoen,” het sy gesê.
Die rooftog is deur adj.insp. Reinhardt Maletzky bevestig.
Vir enige inligting wat die polisie kan help om die skuldiges op te spoor, kan Maletzky by 081 272 4527 gekontak word, of mense kan met die naaste polisiekantoor in verbinding tree.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie