Vermeende skieter vir eers agter tralies
Vermeende skieter vir eers agter tralies

Vermeende skieter vir eers agter tralies

NAMPA
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy in Januarie ’n voormalige Global Fund-kollega in Windhoek se middestad doogeskiet het en nog een gewond het, bly vir eers in aanhouding.

Mnr. Simataa Simasiku se verhoor, waartydens hy om borgtog aansoek sal doen, is tot 29 April vir verdere polisieondersoek uitgestel.

Die beskuldigde se formele borgtogaansoek sou Woensdag in die Windhoek-landdroshof voor landdros Vanessa Stanley aangehoor word.

Dié besluit is gesamentlik deur Simasiku se regsverteenwoordiger, mnr. Henry Shimutwikeni, en die staatsaanklaer, mnr. Rowan van Wyk, geneem.

Die twee partye sal op 29 April ’n datum vir die borgtogaansoek vasstel.

Simasiku (33) is Woensdag beveel om in polisieaanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis te bly, met geen opsie vir borgtog nie.

Hy het op 28 Januarie na bewering by die Global Fund se kantore ingestap en die twee slagoffers geskiet.

Me. Sarah Mwilima (58), plaaslike direkteur van die Global Fund-program se bestuurseenheid, het op die toneel gesterf.

Me. Ester Nepolo is gewond en ontvang steeds behandeling in die Lady Pohamba private hospitaal.

Simasiku het vantevore saam met die twee slagoffers by die Global Fund-program se bestuurseenheid gewerk, wat onder die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ressorteer.

Ten tyde van die voorval was hy werksaam by die departement se primêre gesondheidsorg-eenheid.

Simasiku het homself ná die skietvoorval aan die polisiekantoor in Wanaheda oorhandig.

Die rede vir die skietery is nog nie bekend nie. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!