Vermeende skietmal renoserstroper verskyn in Otavi-hof
Die vermeende renosterstroper wat Sondag glo op polisie- en weermaglede op 'n plaas buite Otavi losgebrand het, het vanoggend in dié dorp se landdroshof verskyn.
Mnr. Joseph Ngoma (42) het op klagte van die onwettige jag van beskermde wild, asook die besit van 'n renosterhoring en 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie verskyn. 'n Klag van poging tot moord is bygevoeg omdat hy Sondag glo op 15 polisie- en weermaglede geskiet het toe hulle hom in hegtenis wou neem.
Landdros McLean Handjaba het beveel dat die beskuldigde van die Kavango-Oostreek in aanhouding bly en die saak vir verdere ondersoek uitgestel. Me. Sara Kandume het vir die staat verskyn.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Otjozondjupastreek, adj.komm. Naukalemo Andreas, het plaaswerkers van die plaas Streben, sowat 40 km suidwes van Otavi, die verdagte gewapen met 'n jaggeweer en twee slagmesse omstreeks 12:00 gewaar.
Andreas het aan Nampa vertel die plaaswerkers het die polisie van Otavi ingelig, wat weer polisieversterkings van Kombat ingeroep het.
"Die gekombineerde polisiespan het die voetspore van die verdagte op die plaas gevolg en toe hy die polisie eerste gewaar, het hy op hulle losgebrand," het Andreas gesê.
Sy sê die oor en weer skietery het tot omstreeks 14:00 geduur waarna Ngoma sy geweer neergegooi het.
"Hy het begin hardloop, maar polisielede het die hulp van die weermaghelikopter ingeroep."
Andreas sê die verdagte is omstreeks 23:00 op die buurplaas Marula in hegtenis geneem met dele van 'n renosterhoring, ammunisie en 'n waterbottel in sy besit.
Sy het bygevoeg dat niemand tydens die oor en weer skietery beseer is nie.
Op die foto van Nampa is dele van 'n renosterhoring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie