Vermeende stropers hoor dié week oor borgtog
Klagte van die onwettige jag van 'n beskermde wildspesie staar die vyf mans in die gesig.
Woensdag sal vyf vermeende renosterstropers hoor of hulle op borgtog vrygelaat word of nie.
Die mans word daarvan beskuldig dat hulle 'n swartrenosterbul op 'n private wildreservaat buite Outjo gestroop het.
Die beskuldigdes sluit in mnre. Simon Mbanzi (37), Immanuel Haingura (42), Christopher Kanonga (37), Joseph Ndumba (44) en Abel Dumeni (28).
Hulle het Vrydag voor landdros Peingondjabi Shipo, wat die uitspraak uitgestel het, in die landdroshof op Outjo verskyn.
Klagte van die onwettige jag van 'n beskermde wildspesie staar die mans in die gesig.
Die vyf mans is op 29 Mei vanjaar in die Kehemu- informele nedersetting op Rundu in hegtenis geneem.
Die saak is na Outjo verwys omdat die voorval na bewering daar plaasgevind het.
Die gestroopte swartrenosterbul was N$500 000 werd.
Die mans is in die hof deur twee private prokureurs, mnre. Trevor Brockerhoff en Tjitja Harases, verteenwoordig.
Die staatsaanklaer, mnr. Johannes Kalipi, het borgtog vir die vyf teengestaan, aangesien die staat oor sterk getuienis teen die beskuldigdes beskik en omdat die polisie se ondersoek nog nie in 'n gevorderde stadium is nie.
Hy het die hof ingelig vyf verklarings van staatsgetuies is boonop nie afgehandel nie.
Kalipi het bygevoeg die beskuldigdes kan moontlik by die polisieondersoek inmeng indien hulle op borgtog vrygelaat word.
Brockerhoff en Harases het by die hof gepleit om hul kliënte op borgtog vry te laat omdat hulle na bewering kinders het wat van hulle afhanklik is.
Die beskuldigdes bly in aanhouding.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie